For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kaapse bosbontrokkie.

Kaapse bosbontrokkie

Kaapse bosbontrokkie
'n Vroulike bosbontrokkie met haar kenmerkende rooibruin borsband
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. capensis
Binomiale naam
Batis capensis
(Linnaeus, 1766)

Die Kaapse bosbontrokkie, ook genoem die Kaapse vlieëvanger, (Batis capensis) is 'n standvoël wat endemies aan Suider-Afrika is.

Die volwasse voëls van hierdie spesie is tussen 11 en 13 cm lank. Die mannetjie se kop en agterkop is donkergrys, terwyl sy mantel en kruis meer olyfkleurig-grys is. Die vlerkdekvere is rooibruin en vertoon as 'n rooibruin kol wanneer die vlerke gevou is. Die mannetjie is ook die enigste bosbontrokkie in Suider-Afrika waarvan die vlerke en sye geheel en al 'n rooibruin tint het. Die onderdekvlerke is wit en die stertvere swart met wit puntjies. Die sye van die Kaapse bosbontrokkie is swart, so ook sy oordekvere en streep, wat byna aan die agterkant van sy nek ontmoet. Mannetjies het ook 'n duidelike breë swart borsband. Die voëls se oë is geel-oranje, met 'n swart snawel en pote. Die wyfie lyk baie op die mannetjie, behalwe dat sy nie 'n swart borsband het nie, maar eerder 'n rooibruin een. Sy het ook 'n rooibruin vlek op haar ken, terwyl die mannetjie s'n wit is. Jong voëls lyk op die wyfies, maar het lig-geelbruin strepe op hul bo-sy, in plaas van rooibruin strepe.

'n Mannetjie

Die Kaapse bosbontrokkie word al langs die kus (of naby daaraan) van die suidweste van Suid-Afrika aangetref, tot aan die kus in die suidooste, vanwaar dit tot in Zimbabwe ook meer binnelands gevind word. Hierdie voëls verkies die rande van klam immergroen woude en dig beboste klowe in bergreekse. Hulle word gewoonlik in pare aangetref, maar dikwels ook as lede van 'n groep gemengde voëlspesies.

Soos ander bosbontrokkies vreet hulle ook insekte, maar vang hulle eerder in die lug en in die lower van bome as op die grond. Opgewonde voëls vlieg rond met 'n hoorbare gons van die vlerke. Veral in broeityd duld hulle mense se teenwoordigheid meer, maar sal gewoonlik wegvlieg voor hulle aangeraak word.

Hierdie voëltjies se alarmroep is 'n lae, sagte "whie-wharra-wharra". Ander roepe is 'n deurdringende, eentonige "riep-riep-riep" wat gewoonlik 'n paar keer herhaal word, of "foe-foe-foe".

Sien ook

[wysig | wysig bron]
Wikispecies
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Batis capensis

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kaapse bosbontrokkie
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?