For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Jonathan M. Dorfan.

Jonathan M. Dorfan

Jonathan Manne Dorfan
Gebore 10 Oktober 1947 (1947-10-10) (76 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika
Vakgebied Partikelfisika
Instelling(s) Stanford Lineêre Versneller Sentrum
Okinawa Instituut vir Wetenskap en Tegnologie
Alma mater University of California, Irvine
Universiteit van Kaapstad
Toekennings Orde van die Opkomende Son

Jonathan Manne Dorfan (gebore 10 Oktober 1947) is 'n partikelfisikus en die President-emeritus van die Okinawa Instituut vir Wetenskap en Tegnologie se Nagraadse Universiteit. Hy was 'n voormalige direkteur van die Stanford Lineêre Versnellersentrum (1999-2007; SLAC). In 2010 het hy by die Okinawa Instituut vir Wetenskap en Tegnologie as President aangesluit. In 2017 is hy Japan se Orde van die opkomende son toegeken.[1]

Onderrig en loopbaan

[wysig | wysig bron]

Hy het in 1969 sy BS-graad aan die Universiteit van Kaapstad in Suid-Afrika behaal en sy PhD in 1976 aan die Universiteit van Kalifornië, Irvine. Daarna het hy aan verskeie projekte by die Stanford Lineêre Versnellersentrum (SLAC) gewerk, insluitend die Mark II-detektor en BaBar-eksperiment voordat hy in 1999 tot direkteur bevorder is.[2]

Dorfan is in 2010 as president verkies van die Okinawa Instituut vir Wetenskap en Tegnologie (OIST) se Nagraadse Universiteit in Okinawa-eilande, Japan. In November 2011 is hy as president van die nuwe universiteit aangestel. [2] Die uitbreiding van die fakulteite van die universiteit, en veral die fisiese wetenskappe, is te danke aan sy promosiewerk.[3]

Adviesrade

[wysig | wysig bron]

Hy het op talle adviesrade gedien, waaronder:

  • Die Amerikaanse Departement van Energie-se adviespaneel vir hoë energie Fisika (1991-1994) [2]
  • Die Max Planck Instituut vir Fisika se Wetenskaplike Adviesraad (2000-hede)
  • Die Weizmann Instituut vir Wetenskap se Raad van Direkteure (2005-hede)
  • Versneller Adviespaneel van die Internasionale Lineêre Versneller-se Globale ontwerpprojek (2007-2010)
  • Masjienadvieskomitee vir Italië se SuperB-projek (2008-hede)
  • Adviesraad aan die John Adams Instituut vir Versnellerwetenskap, Oxford Universiteit (2009-2010)
  • Raad van Goewerneurs en Raad van Raadslede aan die Okinawa Instituut vir Wetenskap en Tegnologie (2010-hede)

Toekennings

[wysig | wysig bron]

In 2008 het die Universiteit van Kaapstad 'n Dokter van Wetenskap-eregraad aan hom toegeken en in 2009 is hy 'n eredoktorsgraad toegeken.[2]

Dorfan is die Amerikaanse Fisikagemeenskap se 2016 W.K.H. Panofsky-prys in eksperimentele partikelfisika toegeken. Die amptelike aanhaling was, "vir leierskap in die BABAR- en Belle-eksperimente, wat die skending van die CP-simmetrie in B meson-verval bepaal het en ons begrip van kwarkmengsel en kwantum chromodinamika bevorder het". David Hitlin, Stephen Olsen en Fumihiko Takasaki was mede-ontvangers van die prys. [4]

Op 7 November 2017 het die Japanese keiser, die Orde van die Opkomende Son, Goud- en Silwerster (een van Japan se voorste nasionale toekennings) aan Jonathan Dorfan toegeken. Die amptelike aanhaling verklaar dat die toekenning "'n bydrae tot die ontwikkeling van ons nasie se navorsing en opleiding in wetenskap en tegnologie is."[1]

Verwysing

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Dr. Jonathan Dorfan Awarded Japan’s Order of the Rising Sun (Engels). Okinawa Institute of Science and Technology Graduate University (8 November 2017). Argief geskep van die oorspronklike op 17 November 2017. URL besoek op 11 April 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Jonathan Dorfan | Okinawa Institute of Science and Technology Graduate University (Engels). Okinawa Institute of Science and Technology Graduate University. Argief geskep van die oorspronklike op 2 December 2011. URL besoek op 11 April 2019.
  3. Cyranoski, David (29 Junie 2011). "Okinawa goes recruiting". nature (in Engels) (474): 553. doi:10.1038/474553a. ISSN 0028-0836. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2017. Besoek op 11 April 2019.((cite journal)): CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  4. Calder, Neil (16 Oktober 2015). OIST President Wins Particle Physics Prize (Engels). Okinawa Institute of Science and Technology Graduate University. Argief geskep van die oorspronklike op 14 Januarie 2016. URL besoek op 11 April 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Jonathan M. Dorfan
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?