For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Johannes Brahms.

Johannes Brahms

Johannes Brahms
Agtergrondinligting
Ook bekend asG. W. Marks, Karl Würth
Gebore7 Mei 1833
Hamburg
Sterf3 April 1897
Wene (Oostenryk-Hongarye)
GenresKlassiek, Romantiek
Beroep(e)Komponis, pianis

Johannes Brahms (7 Mei 18333 April 1897) was 'n Duitse komponis en pianis en een van die voorste musikante van die Romantiese periode. Hy is in Hamburg gebore, maar het 'n groot deel van sy professionele lewe in Wene in Oostenryk deurgebring, waar hy die leidende figuur van die Oostenrykse musiektoneel was. Brahms word vandag as een van die vooraanstaande Europese komponiste van die tweede helfte van die 19de eeu beskou.[1]

Brahms was reeds in sy eie leeftyd 'n gewilde en invloedryke musikant en komponis. Hy het komposisies vir klavier, kamerorkeste, simfonie-orkeste, kore en solo-sangers geskep. Hy was 'n bedrewe pianis en het dikwels die eerste opvoering van sy eie werke gegee. Hy het ook saam met die vooraanstaande opvoerders van sy tyd gewerk, soos die pianis Clara Schumann en vioolspeler Josef Joachim. Baie van sy werke vorm vandag steeds die hoofbestanddeel van konsertrepertoriums. Talle werke is egter vandag verlore: Brahms was 'n perfeksionis wat baie van sy komposisies vernietig het en geweier het om ander te publiseer.

Speel
Speel
Komposisies
Sonata in F-mineur, 1ste beweging
Intermezzo Opus 76. Nr. 7
Concerto in A-mineur, Opus 102
Probleme? Sien Mediahulp.

Dit is kenmerkend van Brahms se komposisies dat hulle tradisioneel dog innoverend is. Sy musiek is gewortel in die strukture en komposisietegnieke van die barok- en klassieke meesters. Verder was Brahms self 'n meester van kontrapunt, 'n komplekse metode van komposisie wat die verhouding tussen twee of meer stemme uit 'n ander oogpunt as harmonie benader.

Hy het gepoog om die "reinheid" van die tradisionele komposisiestrukture te eer deur hulle tot 'n romantiese vorm te ontwikkel en het in die proses nuwe benaderings tot harmonie en melodie geskep. Alhoewel baie van sy tydgenote sy musiek as té akademies beskou het, is sy bydraes en vakmanskap sedertdien deur verskeie komponiste bewonder, soos die progressiewe komponis Arnold Schoenberg (1874–1951) en die konserwatiewe komponis Edward Elgar (1857–1934).

Benewens sy talle liedjies (waarvan sy Wiegelied moontlik die bekendste is) het Brahms vier simfonieë, vier concerto's, 'n requiem, klavier- en kamermusiek gekomponeer.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Johannes Brahms
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?