For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Isivivane.

Isivivane

'n Isivivane in die steengroef op Robbeneiland.

'n Isivivane is 'n klipstapel wat in die Zoeloe-kultuur 'n belangrike rol speel.

Dit is 'n algemene gebruik onder veral die plattelandse Zoeloe-mense om 'n klip op 'n klipstapel te plaas voordat op 'n reis vertrek word om sodoende die plaaslike geeste gunstig te stem. Hierdie bakens, of isivivane, word dwarsoor Suider-Afrika aangetref, veral langs ou bekende en baie gebruikte voetpaaie.

Tien kilometer suidwes van Weenen langs die R74-pad in die rigting van Greytown is die grootste en bekendste isivivane, en is tot gedenkwaardigheid verklaar. Ander sulke bakens staan byvoorbeeld langs voetpaaie wat na Dukuza, koning Tsjaka se huis, lei en langs voetpaaie tussen Gingindlovu en die fontein waar koning Dingaan se drinkwater verkry is.

Tradisie vereis dat elke reisiger 'n klip plaas op die plek waarvandaan hy of sy vertrek. 'n Militêre leier doen dit voor hy op 'n veldtog gaan. Om 'n isivivane te begin, tel 'n persoon enige klip van sy keuse met die tone van die linkervoet op, vat dit dan met sy regterhand, spoeg op die klip en plaas dit dan waar hy of sy dit wil hê. Die gewoonte is dat elke persoon wat daarna daar verbygaan 'n klip optel, daarop spoeg en dit by die ander klippe pak en ontstaan daar dus mettertyd 'n hoë baken. So sal volgens die Zoeloe-bygeloof 'n suksesvolle reis verseker word.

Hierdie kulturele gebruik word teenswoordig soms vir kommersiële doeleindes misbruik.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Derwent, Sue: KwaZulu-Natal Heritage Sites – a guide to some great places. Claremont: David Philip Publishers, 2006. ISBN 0-86486-653-4
  • www.heritagezn.co.za
  • www.zulu-culture.co.za
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Isivivane
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?