For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Hoogspring.

Hoogspring

Yelena Slesarenko tydens die Olimpiese Somerspele in 2004.
'n Hoogspringer seil naelskraps oor die dwarslat.

Hoogspring is 'n velditem in atletiek waar deelnemers oor 'n horisontale lat (dwarslat) moet spring wat op vooropgestelde hoogtes geplaas word sonder om van enige hulpmiddele gebruik te maak. Die lat word al hoër geplaas en die wenner word bepaal deur die persoon wat die hoogste sprong kon uitvoer.

Die wêreldrekord vir mans is 2.45 meter en is in 1993 deur Javier Sotomayor van Kuba opgestel. Die wêreldrekord vir vroue is in 1987 op 2.09 meter vasgestel. Die titelhouer is Stefka Kostadinova van Bulgarye.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Hoogspring was aanvanklik in Engeland in die 19de eeu beoefen. Dit word in 1896 as Olimpiese sport vir mans ingestel en in 1928 vir vroue. Die reëls wat in 1865 opgestel is word tans steeds gebruik.

Reëls

[wysig | wysig bron]

Elke atleet kry drie beurte op elke hoogte. Hierdie hoogtes is vasgestel. Die atlete mag wel aan die dwarslat raak, maar hulle mag dit nie afstamp nie. Atleet moet met slegs een voet vastrap vir sprong. Indien 'n atleet minder as drie spronge benodig om oor die lat te spring, kan hy/sy na die volgende hoogte aanskuif. As 'n atleet nie in drie beurte kan oorspring nie, word die persoon uit die kompetisie uitgeskakel. Die kompetisie hou aan tot al die atlete uitgeskakel is. Indien twee atlete dieselfde hoogte bereik het, word die een met die minste spronge as die wenner gekroon.

Atlete 1.87 1.90 1.93 1.96 1.99 2.02 Poging Mislukte pogings Hoogte Posisie
A - - XO XO XO XXX 2 3 1.99 1ste
B O - O O XXX 1 0 1.96 3de
C O - XO XO X-- XX 2 2 1.96 4de
D - XO O XXO XXO XXX 3 5 1.99 2de
E - - - XXX 5de

Tegnieke

[wysig | wysig bron]

Die tegniek wat deesdae algemeen gebruik word staan as die "Fosbury Flop" bekend. Met die tegniek is dit moontlik om oor die dwarslat te spring terwyl die senter van gravitasie onder die dwarslat bly. Voor die "Fosbury Flop" ontdek is, is tegnieke soos die "scissors" en die "bride" ingespan.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Hoogspring
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?