For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Hampstead.

Hampstead

Hampstead
Voorstad
Hampstead
Hampstead
Hampstead is in Groter Londen
Hampstead
Hampstead
Koördinate: 51°33′15″N 0°10′28″W / 51.55417°N 0.17444°W / 51.55417; -0.17444
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
GraafskapGroter Londen
BoroughCamden
TydsoneUTC±00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
NW3
Skakelkodes020
Church Row, met die ingangshek tot die ou kerkhof

Hampstead [ˈhæmpstɪd of -stɛd], algemeen bekend as Hampstead Village, is 'n stadsdeel van Londen, Engeland, sowat 4 myl of 6,4 km noordwes van Charing Cross. Hampstead, wat deel uitmaak van die Londense distrik Borough of Camden, het oor die eeue heen sy dorpskarakter bewaar. Skoon lug en die uitsig, wat 'n mens van hier af oor die stadsgebied en tot by die heuwellandskap van Surrey het, maak van Hampstead 'n gewilde woonplek. Hier is van die duurste eiendomme in die Britse hoofstad geleë, en die getal miljoenêrs, wat hier woonagtig is, is groter as in enige ander gebied in die Verenigde Koninkryk.[1]

In die Tudor-tydperk het welvarende koopmanne hulle hier begin vestig, en in die 18de eeu was die gebied so gewild soos Islington. Sy rustige ligging buite die woelige middestad van Londen en die mineraalbronne, wat hier ontspring, het van Hampstead 'n elegante ontspanningsplek en herstellingsoord gemaak. Die lys van bekende inwoners sluit die staatsman William Pitt en die skrywers Robert Louis Stevenson en John Galsworthy in.[2] Keats House, die woning van die Romantiese digter John Keats, is hier geleë.

Naas literêre persoonlikhede word Hampstead vandag ook met ander kunstenaars, musici, intellektueles en liberales verbind. Hampstead Heath, 'n uitgestrekte heuwelagtige parklandskap, is een van die bekendste groen ruimtes in Londen.

Vervoer

[wysig | wysig bron]
Hampstead se moltreinstasie
Word slegs in noodsituasies aanbeveel: Hampstead-moltreinstasie se trap wat op die straat uitloop

'n Groot busterminus, Hampstead Heath, is in South End Green geleë. Die belangrikste gereelde busdiens is Roete 24 wat die gebied al meer as 100 jaar lank met die West End, Victoria en Grosvenor Road in Pimlico verbind. Hampstead word tans deur die Londense Busroetes 24, 46, 168, 210, 268, 603, C11 en N5 bedien.

Naaste moltreinstasies

[wysig | wysig bron]

Die naaste moltreinstasies is Hampstead en Belsize Park op die Noordelike lyn (Northern line), en Swiss Cottage en Finchley Road op die Jubileumslyn (Jubilee line). Alle stasies is in Travelcard Zone 2 geleë. Hampstead, weens die heuwelagtige terrein een van die diepste ondergrondse stasies van Londen se moltreinnetwerk waarvan die platvorms per hysbak bereik kan word, is op die grens tussen Travelcard Zone 2 en 3 geleë.

Naaste treinstasie

[wysig | wysig bron]

Die Hampstead Heath-treinstasie is in South End Green geleë. Daar is 'n tweede stasie, Finchley Road & Frognal, aan die westelike kant van Hampstead. Albei stasies maak deel uit van die London Overground-netwerk.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "David Wade: Whatever happened to Hampstead Man? In: Telegraph.co.uk, 8 Mei 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2012. Besoek op 15 Augustus 2021.
  2. Louise Nicholson: London. 5de uitgawe. Hamburg: National Geographic Deutschland 2014, bl. 152
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Hampstead
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?