For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Halberstadt.

Halberstadt

Halberstadt is 'n dorp in die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt, en die hoofstad van die Harzdistrik. Dit is noord van die Harzberge geleë, en is bekend vir die ou stadskern wat tydens die Tweede Wêreldoorlog wel erg beskadig, maar in die daaropvolgende dekades weer herbou is.

Geografie

[wysig | wysig bron]
Katedraalplein

Halberstadt is tussen die Harz aan die suidekant en die Huy-heuwels aan die noordekant geleë. Dit lê ook aan die Holtemme- en Goldbachriviere, wat albei linkersytakke van die Boderivier is. Die munisipale gebied omvat die nedersettings Aspenstedt, Athenstedt, Langenstein, Sargstedt en Ströbeck, wat almal in 2010 geïnkorporeer is. Halberstadt is die setel vir die Departement vir Publieke Bestuur van die Hochschule Harz Universiteit vir Toegepaste Studies en Navorsing.

Die dorpssentrum bevat steeds etlike belangrike historiese geboue en heelwat van die antieke dorpsuitleg. Betekenisvolle plekke in Halberstadt sluit in die Halberstadt-katedraal, die Kerk van Ons Dame (Liebfrauenkirche) en die Sint Martin-kerk, wat naamlik in die 12de en 13de eeue opgerig is. Halberstadt was die ligging van die vroegste gedokumeneerde installering van 'n groot en permanente pyporrel in 1361.[1] Vergeleke met ander noord-Europese katedrale, is dié van Halberstadt merkwaardig deurdat die middeleeuse tesourie in 'n feitlik volledige toestand behoue gebly het. Onder hierdie skatte tel die oudste oorblywende tapisserieë in Europa, wat uit die 12de eeu dateer. Die dorp is ook 'n halte op die skilderagtige Duitse Houtraamroete.

Die dorp kan bereik word via die Bundesstraße 6n, 79, Bundesstraße 81, en Bundesstraße 245 federale hoofweë. Die Halberstadt-hoofstasie is 'n belangrike spoorwegaanknopingspunt op die Magdeburg–Thale en Halle–Vienenburg spoorweglyne, wat hoofsaaklik deur Transdev Sachsen-Anhalt bedien word. Halberstadt se tramwegnetwerk bedryf twee lyne.

Germania Halberstadt is 'n voetbalklub wat in Halberstadt speel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kennedy, Michael (red.) (2002). "Organ". In The Oxford Dictionary of Music, p. 644. Oxford: Oxford University Press.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Halberstadt
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?