For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Hael.

Hael

'n Haelstorm.

Hael is 'n tipe neerslag wat uit ysballetjies bestaan. 'n Belangrike kenmerk van hael is dat die haelkorrel uit 'n reeks dun yslagies bestaan wat bo-op mekaar gevorm het. Die deursnee van hael wissel van kleiner as 5 millimeter tot omtrent 15 sentimeter, en haelkorrels kan meer as 0,5 kilogram weeg.

Oorsprong

[wysig | wysig bron]
'n Groot haelsteen van sowat 6 cm breed.
'n Groot haelsteen met konsentriese ringe.

Hael word in cumulonimbus wolke (donderwolke) gevorm. Die boonste laag van die wolke bevat klein yskristalletjies, terwyl die onderste laag onderverkoelde waterdruppels van so -10 tot -20 grade Celsius bevat. Daar is opwaartse en afwaartse lugstrome binne in die wolk. 'n Haelkorrel ontstaan wanneer 'n waterdruppel vries, en deur die lugstrome op en af gewaai word. Elke keer as hy met die onderverkoelde water in aanraking kom, dan vries die water en vorm dit 'n yslagie rondom die korrel. So groei die korrel, totdat hy uiteindelik as 'n haelkorrel uit die wolk uitval.

Van nader beskou is die vrieslagies wat die haelkorrel vorm, nie almal dieselfde nie. Daar is twee tipes: 'n gladde deurskynende lagie, en 'n witter ondeursigtige lagie, en hierdie lae wissel mekaar gewoonlik af. Die verklaring hiervoor is dat die korrel gereeld tussen die boonste en onderste deel van die wolk beweeg. In die boonste deel van die wolk, waar dit baie kouer is, vries die yskristalle onmiddellik sodra die korrel aan hulle raak. Dit vorm dan 'n onreëlmatige, ondeursigtige vrieslaag op die korrel. In die onderste deel van die wolk, waar dit warmer is en daar nog vloeibare waterdruppels is, versprei die waterdruppels meer egalig oor die oppervlak van die korrel, en vorm hulle die gladde deurskynende vrieslaag.

Gevare

[wysig | wysig bron]

Swaar haelbuie kan enorme skade aan plante, diere, karre, geboue en vliegtuie aanrig. Hael is een van die grootste gevare wat donderstorms vir vliegtuie inhou.[1] Wanneer die haelkorrels groter as omtrent 10 mm word, kan 'n vliegtuig binne etlike sekondes ernstig beskadig word.[2] Hael kan karre se ruite uitslaan, en duike in die bakwerk veroorsaak. Alhoewel dit voorkom, is dit seldsaam vir mense om deur hael doodgeslaan te word.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. [1] Geargiveer 7 Desember 2013 op Wayback Machine Hail Threat Standardisation
  2. [2]Hazards (Federal Aviation Administration)

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Hierdie artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Nederlandse en Engelse artikels.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Hael
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?