For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Grafenwöhr.

Grafenwöhr

Grafenwöhr
Groafawer (Noord-Beiers)
Die Raadsaal van Grafenwöhr, opgerig in 1462
Die Raadsaal van Grafenwöhr, opgerig in 1462
Die Raadsaal van Grafenwöhr, opgerig in 1462
Wapen van Grafenwöhr
Wapen
Ligging van die Opper-Pals, in Beiere
Ligging van die Opper-Pals, in Beiere
Ligging van die Opper-Pals, in Beiere
Ligging van Grafenwöhr in Duitsland Koördinate: 49° 43′ N, 11° 54′ O
Grafenwöhr
Ligging van Grafenwöhr in Duitsland
Koördinate: 49° 43′ N, 11° 54′ O
Land Duitsland
Deelstaat Beiere
Administratiewe afdeling Opper-Pals (Oberpfalz)
Regering
 - Burgemeester Helmuth Wächter
Oppervlakte
 - Totaal 216,24 km² (83,5 myl²)
Hoogte bo seespieël 410 m (1 345 vt)
Bevolking (2006)
 - Totaal 6 901
 - Digtheid 32/km² (82,9/myl²)
Poskode 92655
Areakode(s) 09641
Webwerf: http://www.grafenwoehr.de/

Grafenwöhr is 'n stad in die Opper-Palts (Oberpfalz)-distrik Neustadt aan die Waldnaabrivier in Duitsland.

Geografie

Die hele stadsgebied sluit die volgende plekke in: Grafenwöhr, Bruckendorfgmünd, Dorfgmünd, Gößenreuth, Hammergmünd, Hütten, Josephsthal, Kollermühle, Moos en Rosenhof.

Geskiedenis

Die stigting van Grafenwöhr gaan 'n hele paar jaar terug en is gedoen aan twee natuurlike grense, naamlik die Creußen-rivier en die Thumbach-rivier en het eers bekend gestaan as Wörth of Werd wat "afweerplek" beteken het (die inwoners het daar skuiling gesoek). Die plek het bekendheid verwerf toe dit in die besit van die landgrawe gekom het en is in 1361 deur die landgraaf tot munisipaliteit (Duits: Stadt) verhef. Tot 1421 was Grafenwöhr onder die heerskappy van die Landgrawe van Leuchtenberg, tot 1621/28 Kuurpalts (`kurpfälzisch`), daarna Beiers. Tot 1900 het die stad slegs 900 inwoners gehad. Daarna, onder die invloed van die naby geleë troepe-oefenkamp (gestig in 1908) het dit 'n kommersiële opswaai beleef. Die hewige bombarderings in April 1945 het amper tot die volledige vernietiging van stad Grafenwöhr bygedra. Die grootste teiken van die Geallieerde magte was natuurlik die troepe-oefenkamp, maar baie van die honderde bomme wat gedurende die twee bombardemente geval het, is ook misgegooi en deur die wind van die koers afgedryf. Die troepe-oefenkamp word vandag deur die Amerikaanse weermag en die Bundeswehr, die Duitse weermag, gebruik. Dit is ook een van die grootste NATO-Troepe-oefenkampe in Europa. Die stad het nou sowat 6901 inwoners (in 2004) en het al met groot troepe-oefeninge – tot getalle van 15000 troepe en meer – hanteer.

Daar is ook 'n vliegveld, waar selfs Hercules C-130 vliegtuie kan land.

Stadvriendskappe (Städtepartnerschaften)

Sedert 1995 bestaan 'n stadsvriendskap met Grafenwörth (Oostenryk).

Kultuur en Besienswaardighede

Grafenwöhr Munisipaliteit en Raadsaal (Rathaus) gebou 1462, renoveer 1986
Marktplein Grafenwöhr (Unterer Markt)
Kerk "Maria Hemelvaart" aan die 'onderste Markplein'

Museums

  • 1. (Eerste) Opper-palts Kultuur- en Militêremuseum met spesiale (wisselende en permanente) uitstallings.

Geboue (besienswaardighede)

  • Historiese ou Middestad
  • Laatgotiese munisipaliteit- en raadsaal van 1462 (spätgotisches Rathaus von 1462)
  • Die 'Tiende'-huis van 1532, 'n stoorplek – waar die mense die belasting moes betaal – 'n tiende van hulle opbrengs van die plaasprodukte. (Zehentkasten von 1532)
  • Die pespilaar van 1496 (geskat) (Pestsäule vermutlich von 1496)
  • Gerestaureerde gedeelte van die ou stadsmuur (restaurierter Teil der Stadtmauer)
  • Schönberg met natuurverhoog, waar baie toneelspelers hulle kunste kan wys in die vrye natuur (Schönberg mit Naturbühne)
  • Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk op die St. Annaberg (Kirche "Maria Himmelfahrt")
  • St. Annaberg met Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk (Annaberg mit Maria-Hilf-Kirche)
  • Begrafplaaskerk St. Ursula van 1593 (Friedhofskirche St. Ursula (1593))

Besigheid en infrastruktuur

Plaaslike firmas & besighede

Grafenwöhr leef hoofsaaklik van die Troepe-oefenkamp. Dit is een van die belangrikste besigheidsfaktors in die omgewing en bied werk vir meer as 3600 mense.

In die Stigterssentrum Grafenwöhr-Eschenbach-Pressath word nuwe besigheidsmense wat 'n firma of besigheid wil stig gehelp. Hulle kan selfs 'n kantoor huur en dus 'onder toesig' wees terwyl hulle die eerste stappe in die nuwe besigheidstoekoms ingaan.

Openbare inrigtings

  • Stadsaal
  • Woudbad
  • Kroë
  • Restourante
  • 'Fun-Park'
  • Binnenshuise-kinderspeelplek "MegaPlay"

Media

  • Mediumgolfradiosender (MW), die AFN, die VSA Weermagkanaal, wat in Engels uitsaai.

Opleiding & Onderwys

  • 3 kleuterskole
  • 'n Inrigting vir skoolvoorbereiding
  • Laerskool & Hoërskool (Volksschule)
  • Die St. Michael Beroepskool vir individuele onderwys (vir tegniese vakrigtings) (St.-Michaels-Werk e. V. Berufsschule zur individuellen Lernförderung )
  • Handelsskoolsentrum (Kaufmännisches Schulungszentrum)

Persoonlikhede

Reinhard Pappenberger, wybiskop ('Weihbischof') van die bisdom ('Diözese') Regensburg en Titulaarbiskop van Aptuca(Tunesië)

'VIP'-Besoekers

  • Adolf Hitler, geduurende die Tweede Wêreldsoorlog
  • Elvis Presley, was vanaf 3 November 1958 vir sy militêre diensplig in die VSA ook in Duitsland gestasioneer en in die Troepeoefenkamp Grafenwöhr besig om te oefen.[1] (Hy het egter ook die kroë van die stad besoek en daar gesing.)
  • Franz-Josef Strauß, Ministerpresident van Beiere, voormalige Minister van Verdeediging, en Leier van die CSU-Party in Beiere.

Aandenkens aan/van Grafenwöhr

Koffeebeker om die tyd in die Troepeoefenkamp en in Grafenwöhr (vir altyd) te onthou …

Gesegde

'n Ou gesegde is dat die troepe sê: "Diegene wat pa en ma nie eer nie, kom na 'STRAFenwöhr' om sy diens (weerplig) te doen."

Eksterne skakels

Verwysings

  1. "Elvis in die Opper-Palts" Geargiveer 5 September 2008 op Wayback Machine – Sy tyd as soldaat in en om die Troepeoefenkamp Grafenwöhr
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Grafenwöhr
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?