For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Goudkus (streek).

Goudkus (streek)

Die ligging van die Goudkus.

Die Goudkus was die naam van ’n streek aan die Golf van Guinee in Wes-Afrika wat ryk was aan goud, asook petroleum, ruolie en aardgas. Dit is nou die land Ghana.

Etimologie en ligging

[wysig | wysig bron]

Die Goudkus, Slawekus en Peperkus is genoem na die hoofuitvoergoedere daar.[1] Die Goudkus was oos van die Ivoorkus en wes van die Slawekus.[1]

Vroeë gebruike van die naam "Goudkus" het letterlik na die kus verwys en nie na die binneland nie.[1] Eers in die 19de eeu is die term gebruik vir gebiede wat ver van die kus af geleë was.[1]

Streke

[wysig | wysig bron]

Die streke van die Goudkus was die:

"Ghana" is die wettige naam vir die Goudkusstreek wat die volgende vier streke omvat wat net voor onafhanklikwording elk ’n eie grondwetlike posisie gehad het:[1]

  • Goudkus (streek): Akan, Ga-Adangbe, Anlo Ewe, Dene, Hollanders, Engelse, Duitsers, Portugese en Swede;
  • Koninkryk Asjanti (Akan: Asjanti, Brong-Ahafo, Sentrale, Oostelike, Groter Accra- en Westelike Streek);
  • Protektoraat van die Noordelike Gebiede (Bo-Westelike, Bo-Oostelike en Noordelike Streek); en
  • Britse Togoland.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
’n Posseël uit die 1930's met die Goue Stoel en koning George VI.

Europeërs het in 1482 dié streek in Afrika bereik en vir eeue daarna het verskeie Europese ryke en handelsmaatskappye handelsposte daar gestig. Hulle het die kolonies gebruik om hulle natuurlike hulpbronne te ontgin eerder as om groot getalle mense daar te vestig.

Die Portugese Goudkus is eerste gevestig.[1] Die Nederlanders het in 1598 aangekom en in 1642 die Portugese gebied in die Nederlandse Goudkus geïnkorporeer.[1] Die Nederlanders het in die streek gebly tot 1871, toe die laaste van hulle nedersettings in die Britse Goudkus opgeneem is.[1]

Daar was ook die Brandenburger-Goudkus, wat in 1682 ’n kolonie in die streek gevestig het.[1] Dit het later die Pruisiese Goudkus geword en in 1721 het die Nederlanders dit gekoop.[1] Die Sweedse Goudkus dateer van 1650. Die Dene het in 1663 aangekom en later die Sweedse gebied in die Deense Goudkus geïnkorporeer.[1]

In 1850 het al die nedersettings deel van die Britse Goudkus geword.[1] Die Britte het in die 19de eeu meer grondgebied ingepalm ná die Anglo-Asjanti-oorloë. In 1957 het die Goudkus as die land Ghana onafhanklik geword.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 "The Legislation Providing for the Grant of Independence to Ghana", Journal of African Law, Vol. 1, No. 2 (Somer 1957, pp. 99–112, Cambridge University Press.

Skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Goudkus (streek)
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?