For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Gereformeerde kerk Nelspruit.

Gereformeerde kerk Nelspruit

Gereformeerde Kerk
Nelspruit
Sluit in  Alkmaar, Kaapsehoop, Karino, Ngodwana, Rosehaugh, Schagen
Klassis  Lydenburg
Huidige predikant(e)  Dirk Kotzee
Thys Lourens
Belydende lidmate  439
Dooplidmate  111
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1947
Eerste predikant  J.C. Lessing (1954–'58)
Ds. N.J. Grobler, die leraar van 1959 tot 1965.
Ds. P.J.W. Louw en sy vrou, Cecilia, op hul troudag, omstreeks 1950. Hy was predikant van Nelspruit van 1966 tot 1973, toe hy sy emeritaat aanvaar.
Ds. Francois Lessing, predikant van 1973 tot sy emeritaat in 2001, en sy vrou, Annatjie.

Die Gereformeerde kerk Nelspruit is die grootste van die 16 gemeentes in die GKSA se Klassis Waterberg en ook die agste oudste. Einde 2015 was hier 460 belydende en 124 dooplidmate, vergeleke met onderskeidelik 596 en 235 einde 2001, ’n afname in die sieletal van amper 30 persent. Benewens die hoofdorp, Nelspruit, sluit die gemeentegrense ook Alkmaar, Kaapsehoop, Karino, Nogodwana, Rosehaugh en Schagen in.

Die Gereformeerde kerk Nelspruit is in 1947 gestig. Ds. J.C. Lessing het die eerste kerkgebou, op die hoek van Russel- en Nelstraat, se hoeksteen op 12 Mei 1956 gelê. Die huidige kerkgebou, op die hoek van Wilge- en Koraalboomlaan, is in die naweek van 15 tot 17 April 1977 in gebruik geneem tydens die 30-jarige bestaansfees van die gemeente. Dis ’n doelmatige gebou met ’n aantal katkisasielokale, wat in die week as naskoolsentrum dien. Die kerk bied sitplek aan sowat 600 kerkgangers. Al die banke en houtwerk is van kiaathout vervaardig.

In 2008 het die gemeente ’n tweedehandse pyporrel aangekoop en laat inbou, die kombuis laat vergroot en ’n gedeelte onderdak laat bou waar lidmate gesellig saam kan verkeer.

Predikante

[wysig | wysig bron]
  1. Lessing, Johannes Christiaan, 1954 – 1958
  2. Grobler, Nicolaas Johannes, 1959 – 1965
  3. Louw, Pieter Joachim Wilhelm, 1966 – 1973 (aanvaar sy emeritaat)
  4. Lessing, Francois Jacobus Du Toit, 1973 – 2001 (aanvaar sy emeritaat)
  5. Kruger, Christiaan, 1989 – 8 Julie 2009 (oorlede in die amp)
  6. Smit, dr. Erasmus Johannes, 2002 – 2007
  7. Buys, Roelof Pierre, 2008 – 2013
  8. Erasmus, Matthys Jakobus, 2012 – 2023
  9. Lourens, Thys, 2020 – hede
  10. Kotzee, Dirk 2 Desember 2023 – hede

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Gereformeerde kerk Nelspruit
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?