For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Geomerking.

Geomerking

'n Geomerkte foto van die Jan Joubert's Gat-brug buite Franschhoek

Geomerking (leenvertaling uit Engels, geotagging, en leenwoord uit Noors) of geo-etikettering, is die proses om media te voorsien van GPS-koördinate. Onder media kan bedoel word 'n foto, video, webwerf, SMS of RSS-voer. Geomerking word meestal gebruik vir foto's. Die GPS-koördinate wat toegevoeg word bestaan meestal uit 'n lengte- en breedtegraad, maar ook hoogte, rigting en die noukeurigheid van die GPS-meting kan deur hierdie tegniek vasgelê word.

Voordele

[wysig | wysig bron]

Geomerking bied sekere voordele:

  • dit is duidelik waar hierdie media gemaak is;
  • dit werk voortreflik vir stamboomnavorsing, soos by die opspoor van grafte;
  • die media kan gekategoriseer word op grond van plek, provinsie, land, ens.;
  • ander foto's wat nabygeleë afgeneem is, kan vinnig opgesoek word (via Internet).

Sedert 2009 word soekenjins soos Google, Yahoo! en Bing beter met die herkenning van waar die eindgebruiker hom bevind. Om seker te maak, word geo-gerigte soekresultate vir die gebruiker aangebied. Een goeie voorbeeld hiervan is Google News.

Nadele

[wysig | wysig bron]

Geomerking het ook nadele, soos:

  • privaatheidskending;
  • die onbedoelde uitlap van die plek waar kosbare goedere bewaar word;
  • die uitlap van waar iemand se vakansiehuis is;
  • skending van militêre veiligheid.

Proses

[wysig | wysig bron]
'n Digitale kamera voorsien van 'n inprop-GPS-ontvanger waarmee foto's tydens die afneem van GPS-koördinate voorsien word

Daar is twee maniere van geomerking:

1. geomerking by afneem
2. geomerking ná afneem

Geomerking kan plaasvind met byvoorbeeld 'n moderne foto- of videokamera en sekere slimfone wat voorsien is van 'n ingeboude GPS. As die media van die toestel afgelaai word, is dit voorsien van 'n geomerk. 'n Voorbeeld van so 'n toestel wat dit outomaties doen, is die iPhone.

'n Ander manier is die geomerking ná die opname. Dit kan byvoorbeeld gedoen word met 'n vrye GPS (waarmee die koördinate vasgestel is) en 'n program gedoen word. Nadat die GPS-koördinate en die foto's na 'n rekenaar opgelaai is, kan met programmatuur op grond van tyd die GPS-inligting aan die foto's gekoppel word. Die GPS-toestel en die opname-toestel se klok moet gelyk loop of die tydsverskil moet deur programmatuur reggestel kan word. Hulpprogramme is GeoSetter, Perfils, gpsPhoto, GPSPhotoLinker, WWMX Location Stamper, OziPhotoTool, RoboGeo, GPS-Foto Link en PhotoMapper.

Dit is ook moontlik om met die hand die plek van 'n foto in te stel deur webwerwe en sosiale netwerke soos Panoramio, Flickr, Picasaweb, Tagzania, Zooomr, ens.

Tegniek

[wysig | wysig bron]
'n Vrye geomerker, die i-gotU GT 600

Die geomerk-inligting word soos volg geberg:

Media Bergplek
JPEG EXIF
Sms Geo-uri's
DNS Loc resource records
HTML Metamerke, microformat of RDF-merke
Wikipedia GPS-sjablone

Geokodering

[wysig | wysig bron]

Geokodering is soortgelyk aan geomerking. In hierdie proses word geografiese bakens aan media toegevoeg wat nie GPS-koördinaatgebonde is nie, soos 'n straat.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Geomerking
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?