For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Gabriele D'Annunzio.

Gabriele D'Annunzio

Gabriele D'Annunzio, omstreeks 1904

Generaal Gabriele D'Annunzio, prins van Montenevoso, hertog van Gallese ([ɡabriˈɛːle danˈnuntsjo]; * 12 Maart 1863 in Pescara as Gabriele Rapagnetta-d’Annunzio; † 1 Maart 1938 in Gardone Riviera, Lombardye) was 'n Italiaanse digter, roman- en toneelskrywer, joernalis en deelnemer aan die Eerste Wêreldoorlog wat met sy laat-romantiese simbolistiese digkuns tussen 1889 en 1910 'n prominente plek in die Italiaanse Fin de siècle-literatuur beklee het en tussen 1914 en 1924 ook 'n belangrike rol in die land se politieke lewe gespeel het. As egomaniese esteet en kunsversamelaar het hy in sy laaste lewensjare 'n museumagtige kompleks langs die Gardameer as sy residensie laat oprig, die villa Vittoriale degli italiani, waar hy ook in 'n mausoleum ter ruste gelê is.

Gabriele D'Annunzio se handtekening, Vittoriale degli italiani

In Italië word na hom dikwels respekvol verwys as Il Vate ("Die Digter") of Il Profeta ("Die Profeet") uit wie se pen van die meesterlikste Italiaanse gedigte sedert die Middeleeuse bloeitydperk van Italiaanse poësie gekom het. Nogtans was daar 'n ander kant van hom, dié van 'n man met radikale politieke oortuigings, soos uit sy aanval op die Kroatiese hawestad Fiume (Rijeka) in 1919 sou blyk, 'n gewaagde onderneming wat deur 'n leër van 2 000 vrywilligers - avonturiers en vrygeeste - gesteun is van wie sommige later as historiese voorlopers van die hippie- en protesbeweging van 1968 beskryf sou word. Hulle het Fiume vervolgens vyftien maande lank as proto-fascistiese stadstaat geregeer. Hierdie "estetiese laboratorium van fascisme" is gekenmerk deur sy vuurwerk van antagonistiese elemente - die verheerliking van oorlog, fakkeloptogte en militêre parades het gekontrasteer met die stadstaat se kultuur van vrye liefde, dwelms en nudisme.[1]

Gabriele d'Annunzio, Il Libro delle Vergini', Carabba, 1917

D'Annunzio se oortuigings het - alhoewel daarin geen koherente wêreldbeeld gevind kan word nie - invloed uitgeoefen op Italiaanse fascisme en die styl wat met die land se fascistiese leier of duce, Benito Mussolini, verbind is. D'Annunzio is derhalwe beskryf as die "Vader van fascisme", alhoewel hy nooit tot Italië se fascistiese party toegetree het nie. Die eksentrieke en kleurvolle lewenstyl, wat D'Annunzio aangeneem het, maak dit vir biograwe moeilik om 'n onderskeid te tref tussen fiksie en feite.

In 1956 het die Amerikaanse biograaf, vertaler en fiksieskryweres Frances Winwar (1900−1985), 'n boorling van Taormina op Sisilië wat in 1907 na die Verenigde State geëmigreer het, met haar eerste omvattende biografie Wingless Victory reg laat geskied aan die digter wat onder die grootste literêre persoonlikhede gereken mag word, maar weens sy vriendskap met Mussolini buite fascistiese kringe gediskrediteer is.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Kersten Knipp: Die Kommune der Faschisten. Gabriele D'Annunzio, die Republik von Fiume und die Extreme des 20. Jahrhunderts. Darmstadt: wbg (Wissenschaftliche Buchgesellschaft) 2018
  2. Der Spiegel, 14 November 1956: D'Annunzio - Der Raubvogel. Besoek op 12 Mei 2019
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Gabriele D'Annunzio
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?