For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Vloeispaat.

Vloeispaat

Vloeispaat
 
Blou vloeispaat 
Formule CaF2 
Onsuiwerhede Y, Ce, Si, Al, Fe, Mg, Mg, Eu, Sm  
Kleur pers, goudgeel, groen, kleurloos, blou, pienk, bruin 
Streep wit 
Hardheid 4 (Mohs) (standaard) 
Digtheid 3,175 -3, 56 g/cm3 
Eenheidsel van die fluorietstruktuur 
Ruimtegroep Fm3
Strukturbericht-kode C1 
Nommer 225 
Eenheidsel a= 5,4642 Å[1] 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Vloeispaat of fluoriet is 'n isometriese mineraal wat hoofsaaklik uit kalsiumfluoried CaF2 bestaan.

Carlo Antonio Galeani Napione het dit in 1797 fluoriet (van Lat. fluere = vloei) genoem omdat dit as vloeimiddel aangewend is. Die Afrikaanse naam verwys ook hierna.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die mineraal word dikwels in hidrotermale are aangetref, veral indien hierdie lood of sinkminerale bevat. Graniete, pegmatiete en hoëtemperatuur-are kan dit ook bevat.

Kristalle het dikwels 'n kubiese vorm. Suiwer kalsiumfluoriet is kleurloos, maar onsuiwerhede kan aan die kristalle talle kleure verleen soos geel, blou of groen.

Struktuur

[wysig | wysig bron]

Vloeispaat het 'n kubiese struktuur wat bestaan uit 'n kubiese digpakking van kalsiumione waarvan alle tetraëderholtes met fluorione gevul is. Vloeispaat is die argetipe van hierdie struktuur wat gewoonlik die fluorietstruktuur genoem word en die Strukturbericht-kode C1 het. Daar is party ander minerale en sintetiese stowwe met 'n algemene formule MX2 wat hierdie struktuur het, soos uraniniet.

Hierdie struktuur is naverwant aan die diamantstruktuur van C, Si, Ge en die sfalerietstruktuur van Zns, ZnSe ensomeer waarin net die helfte van die tetraëderholtes gevul is.

Daar bestaan ook stowwe met 'n algemene formule M2X wat 'n antifluoriet-struktuur besit. Hier is rolle van die metaal- en niemetaalione omgedraai.

In die C1-struktuur is die metaalioon deur 'n kubus van 8 anione omring terwyl die anione 4 metaalbure het in 'n tetraëdriese rangskikking.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Mindat 4102" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Vloeispaat
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?