For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Ferenc Szálasi.

Ferenc Szálasi

Ferenc Szálasi
Ferenc Szálasi
Szálasi in 1944

Leier van Hongarye
(Staatshoof van Hongarye)
Ampstermyn
16 Oktober 1944 – 28 Maart 1945
Monarg Vakant
Eerste minister Hyself
Voorafgegaan deur Miklós Horthy
as Regent van Hongarye
Opgevolg deur Nasionale Raad

Eerste minister van die Koninkryk van Hongarye
(de facto)
Ampstermyn
16 Oktober 1944 – 28 Maart 1945
Leier Hyself
Monarg Vakant
Voorafgegaan deur Géza Lakatos
Opgevolg deur Béla Miklós
(In opposisie, daarna amptelik)

Persoonlike besonderhede
Gebore (1897-01-06)6 Januarie 1897
Sterf 12 Maart 1946 (op 49)
Boedapest, Tweede Hongaarse Republiek
Politieke party Pylkruis Party
Lojaliteit Vlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye (1915–1918)
Koninkryk van Hongarye (1920–46)
Koninkryk van Hongarye (1920–1935)
Diens/Tak Vloot van Oostenryk-Hongarye, Leër van Oostenryk-Hongarye, Leër van Oostenryk Hongarye (1920–46)
Rang Majoor

Ferenc Szálasi (Hongaarse fonetiese uitspraak:ˈfɛrɛnt͡s ˈsaːlɒʃi; 6 Januarie 189712 Maart 1946) was 'n Hongaarse militêre offisier, politikus en leier van die Pylkruisparty. Hy was aan bewind van Hongarye tydens die Duitse besetting daarvan gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

Szálasi het tydens die Eerste Wêreldoorlog met onderskeiding gedien as offisier in die Leër van Oostenryk-Hongarye. In 1925 het hy 'n stafoffisier geword van die herstelde Koninkryk van Hongarye (1920–1946) onder die Regent Miklós Horthy. Hy het aanvanklik nie in politiek belanggestel nie, maar in die vroeë 1930's ultranasionalisme omarm. In 1937 het hy die Hongaarse Nasionaal-Sosialistiese Party gestig, nadat hy uit die weermag getree het en homself begin toespits het op politiek. Hy is in 1938 tronk toe gestuur weens sy volgelinge se radikalisme. Terwyl hy in die tronk was, is hy uitgeroep as die leier van die Nasionaal-Sosialistiese Pylkruisparty, wat spoedig een van die magtigste politiese bewegings in Hongarye geword het. Amnestie is in 1940 aan Szálasi toegestaan, maar hy moes sy party ondergronds bestuur nadat die Regent, Horthy, dit na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verban het.

Na die Duitse besetting van Hongarye in Maart 1944 en Horthy se afsetting, het Szálasi die Eerste minister en staatshoof van Hongarye geword. Sy pro-Duitse vasalstaat, bekend as die Regering van Nasionale Eenheid, is gedomineer deur lede van die Pylkruisparty. Die regering het krygswet afgekondig en begin met die uitmoor van Jode, wat tydelik stopgesit is deur Horthy. [1]

Szálasi was vir slegs 163 dae aan bewind. Met die opmars van Sowjet- en Roemeense magte, het Szálasi en sy kabinet uit die land gevlug, kort voor die Beleg van Boedapest. Szálasi is in Mei 1945 in Oostenryk deur Amerikaanse troepe gevange geneem en teruggebring na Hongarye om verhoor te word. Die regering van nasionale eenheid, wat na München verskuif is, is die volgende dag ontbind. Die Volkstribunaal in Boedapest het Szálasi aan hoogverraad skuldig bevind en hom ter dood veroordeel. Hy is op 12 Maart 1946 tereggestel.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Patai, Raphael (1996). The Jews of Hungary: History, Culture, Psychology. Detroit: Wayne State University Press. p. 730. ISBN 0-8143-2561-0.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Cohen, Asher. "Some Socio-Political Aspects of the Arrow Cross Party in Hungary." East European Quarterly 21.3 (1987): 369+
  • Deak, Istvan. "Collaborationism in Europe, 1940–1945: The Case of Hungary." Austrian History Yearbook 15 (1979): 157–164.
  • Deák, István. "A fatal compromise? The debate over collaboration and resistance in Hungary." East European Politics and Societies 9.2 (1995): 209–233.
  • Deák, István. “Hungary” in Hans Rogger and Egon Weber, eds., The European Right: A Historical Profile (1963) pp. 364–407.
  • Lackó, M. Arrow-Cross Men: National Socialists 1935–1944 (Boedapest, Akadémiai Kiadó 1969).
  • Fiala-Marschalkó: Vádló bitófák. Londen: Süli, 1958
  • Thomas, Dr. Nigel, and, Szabo, Laszlo Pal (2008). The Royal Hungarian Army in World war II. New York: Osprey Publishing. p. 48. ISBN 978-1-84603-324-7.((cite book)): AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Politieke poste
Voorafgegaan deur
Miklós Horthy
(as regent)
Leier van Hongarye
1944–1945
Opgevolg deur
Nasionale Raad
Voorafgegaan deur
Géza Lakatos
Eerste minister van Hongarye
(de facto)
1944–1945
Opgevolg deur
Béla Miklós
Voorafgegaan deur
Ferenc Rajniss
Minister van Religie en Onderwys
Waarnemend

1945
Opgevolg deur
Géza Teleki
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Ferenc Szálasi
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?