For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Fanagalo.

Fanagalo

Fanagalo
Fanakalo
Gepraat in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zambië Zambië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 
Gebied: Suider-Afrika
Totale sprekers: Geen moedertaalsprekers
5 100 (tweede taal)[1]
Taalfamilie: Pidgin
 Fanagalo
Fanakalo
 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: geen
ISO 639-3: fng

Fanagalo (of Fanakalo) verwys na 'n vereenvoudige kunsmatige mengsel van woorde van verskeie Bantoetale sowel as Afrikaans. Dit word gebruik as 'n medium van kommunikasie in baie dele van Suider-Afrika, veral in die myne. Die gebruik daarvan was amptelik deur die Transvaalse en O.V.S. Kamer van Mynwese aangemoedig. Die woord self beteken 'op dié manier' of 'soos hierdie'.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Fanakalo het sy ontstaan waarskynlik te danke aan die Indiërs wat in die Natalse suikerbedryf gewerk het en tegelyk Engels en Zoeloe probeer aanleer het. Dit is later na die goud- en diamantvelde en ander bedrywe uitgevoer waar dit gou as doeltreffende kommunikasiemiddel tussen Blanke en Bantoe posgevat het.

Fanakalo is nie veronderstel om enige taal te vervang nie, maar om kommunikasie te vergemaklik. Daar is destyds ongeveer 15 Europese tale en 44 Bantoetale in die mynbedryf gepraat. Fanakalo het die bedryf in staat gestel om dié kommunikasieprobleem te oorbrug.

Woorde

[wysig | wysig bron]

Algemene woorde en frases:

Afrikaans Fanagalo Uitspraak
Ja Ehe
Nee Cha
Asseblief Yabolisa / golisa
Dankie Inkomu / ndza khensa
Verskoon my Sori
Hoe gaan dit? Kanjani?
Goed Kulungile
Ek wil... Mina funa...
Goeie more Sawubona / sakubona
Totsiens Hamba gahle
glimlag hleka sjlê-ka
urineer cama qa-ma

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verdere naleeswerk

[wysig | wysig bron]
  • Cole, D.T.: Fanagalo and the Bantu language. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, nr. 3, Januarie 1954.
  • Miners' Dictionary: English-Fanakalo = Woordeboek Vir Mynwerkers: Afrikaans-Fanakalo; Kamer van Mynwese; 1985; ISBN 0-620-08266-6

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Pidgin Bantu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 25 April 2016.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Fanagalo
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?