For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for FN FAL-aanvalgeweer.

FN FAL-aanvalgeweer

FN FAL-aanvalgeweer

Die FAL ('n Franse akroniem vir Fusil Automatique Léger (Engels: "Light Automatic Rifle")), is 'n aanvalsgeweer wat in België ontwerp is deur Dieudonné Saive en vervaardig deur FN Herstal (bloot bekend as FN).

Tydens die Koue Oorlog is die FAL aangeneem deur baie lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), met die noemenswaardige uitsondering van die Verenigde State. Dit is een van die mees gebruikte gewere in die geskiedenis, nadat dit deur meer as 90 lande gebruik is.[1] Dit vuur die 7.62×51mm NAVO kaliber (hoewel oorspronklik ontwerp vir die intermediêre .280 Britse rondte). Die Britse Statebond-variant van die FAL is van FN se metriese FAL in Britse imperiale eenhede herontwerp en is onder lisensie as die L1A1-outomatiese geweer vervaardig.

Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]

Die FAL is onder lisensie[2] in Suid-Afrika vervaardig deur Lyttleton Engineering Works, waar dit bekend staan as die R1. Na 'n kompetisie tussen die Duitse G3-geweer, die Armalite AR-10, en die FN FAL, het die Suid-Afrikaanse Weermag drie hoofvariante van die FAL aangeneem: 'n geweer met die benaming R1, 'n "liggewig" variant van die FN FAL 50.64 met opvoukolf, plaaslik vervaardig onder die benaming R2, en 'n model ontwerp vir polisiegebruik wat nie outomaties kan vuur nie onder die benaming R3.[3] (200 000 is vernietig in VN-geborgde "Operasie Mouflon" in 2001). 'n Aantal ander variante van die R1 is vervaardig, die R1 HB, wat 'n swaar loop en tweepoot gehad het, die R1 Sniper, wat met 'n teleskoop toegerus kon word en die R1 Para Carbine, wat 'n enkel punt infrarooi visier gebruik het en 'n korter loop.[4] R1 was standaard uitgawe in die SAW tot die bekendstelling van die R4-aanvalsgeweer in die vroeë 1980's. Dit word steeds deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) as 'n aangewese skutsgeweer gebruik. Die eerste Suid-Afrikaans vervaardigde geweer, reeksnommer 200001, is deur Krygkor aan die destydse Eerste Minister, dr Hendrik Verwoerd, oorhandig en is nou te sien by die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum van Militêre Geskiedenis in Johannesburg.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Hogg, Ian (2002). Jane's Guns Recognition Guide. Jane's Information Group. ISBN 0-00-712760-X.
  2. Berrigan, Frida; Ciarrocca, Michelle (November 2000). "Report: Profiling the Small Arms Industry". World Policy Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2018. Besoek op 29 Augustus 2018.
  3. Ezell,Small Arms Today : Latest Reports on the World's Weapons and Ammunition 1988, bl. 328
  4. Small Arms Illustrated, 2010
  5. "History of the FN-F.A.L. Rifle in South Africa". Southern African Arms and Ammunition Collectors Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2015. Besoek op 23 November 2015.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
FN FAL-aanvalgeweer
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?