For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Dene Smuts.

Dene Smuts

Dene Smuts
Dene Smuts
Dene Smuts in 2011

Skaduminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling
Ampstermyn
2009 – 2014
Opgevolg deur Glynnis Breytenbach

Persoonlike besonderhede
Gebore (1949-07-13)13 Julie 1949
Bloemfontein, Vrystaat
Sterf 21 April 2016 (op 66)
Kaapstad, Wes-Kaap
Politieke party Demokratiese Alliansie
Alma mater Universiteit Stellenbosch

Mudene Smuts (noemnaam Dene, Bloemfontein, 13 Julie 1949Kaapstad, 21 April 2016) was 'n Suid-Afrikaanse tydskrifredakteur en parlementslid van die Demokratiese Party en die Demokratiese Alliansie.

Smuts is in Bloemfontein gebore en getoë. Haar vader was regter Frank Smuts. Dene het haar skoolloopbaan voltooi aan die C&N Meisieskool Oranje waar sy reeds uitgeblink het. Ná skool het sy ’n B.A. (Hons.) aan die Universiteit Stellenbosch behaal waar sy in die studenteraad gedien het. Sy betree die joernalistiek as verslaggewer by die Kaapse dagblad Die Burger. Later was sy redakteur van die Naspers-vrouetydskrif Fair Lady. Haar bedanking was een van die opspraakwekkendste deur ’n redakteur in Suid-Afrika. Sy is oornag by die tydskrif weg nadat die Nasionaalgesinde bestuur haar verbied het om ’n artikel te plaas wat die Nasionale Party ’n grenssetel in ’n algemene verkiesing kon kos.[1] Daarna was sy besturende redakteur van die meningsblad Leadership. Smuts was ook ’n bekroonde skrywer.

In die algemene verkiesing op 6 September 1989 het Smuts die veilige opposisiekiesafdeling Groote Schuur vir die toe vyf maande oue Demokratiese Party gewen. Sy was ’n voorstander van spraakvryheid en onder andere skaduminister van uitsaaiwese en telekommunikasie vir die DP. Tydens KODESA was Smuts een van die DP se afgevaardigdes wat moes verseker dat dié party se liberale waardes in die nuwe Grondwet vervat word. In 1992 het sy die eerste vroulike sweep in die parlement geword en van 1994 tot 1997 as die DP se partyvoorsitter opgetree.

In die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994 was Smuts een van net sewe LP’s van die DP wat die paal gehaal het en die enigste vrou. Sy het onder andere gedien as DP-woordvoerder oor die Waarheid-en-versoeningskommissie, die Grondwet en menseregte. Smuts het meegehelp aan die opstel van die Handves van Menseregte in die Grondwet. Ná die stigting van die Demokratiese Alliansie in Junie 2000 was sy dié party se woordvoerder oor justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Sy was gekant teen die DP se samesmelting in 2000 met sy aartsvyand, die Nuwe Nasionale Party, ten einde die DA te vorm, maar het haar later daarin berus en as DA-LP gedien tot 2014, toe sy uit die openbare lewe getree het.

Haar afsterwe

[wysig | wysig bron]

Smuts het haar dogter, Julia, op Donderdag 21 April 2016 gebel en gekla oor 'n kwaai borspyn. Teen die tyd dat Julia haar ma se huis in Kenilworth in Kaapstad se suidelike voorstede bereik het, was sy reeds oorlede. Sy word ook oorleef deur ’n seun, wat ’n ingenieur is.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) The Quite Editor, Mail & Guardian, 7 Desember 2005. URL besoek op 22 April 2016.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Dene Smuts
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?