For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Colonia del Sacramento.

Colonia del Sacramento

Colonia del Sacramento
Stad
Stadsmuur met stadspoort
Stadsmuur met stadspoort
Wapen van Colonia del Sacramento
Wapen
Colonia del Sacramento is in Uruguay
Colonia del Sacramento
Colonia del Sacramento
Koördinate: 34°28′11″S 57°50′48″W / 34.46972°S 57.84667°W / -34.46972; -57.84667
LandVlag van Uruguay Uruguay
Department Colonia
Stigting1680
Hoogte
23 m (75 ft)
Bevolking
 • Totaal25 762
TydsoneUTC-3 (UYT)
 • SomertydUTC-2 (UYST)
Poskode
70000
Skakelkodes+452
Webwerfcolonia.gub.uy
'n Tipiese straat in Colonia del Sacramento
Vuurtoring in Colonia de Sacramento

Colonia del Sacramento (Portugees: Colônia do Sacramento) is 'n dorp in die suidweste van Uruguay, teen die Río de la Plata en sowat 177 kilometer wes van die hoofstad Montevideo af geleë, met 'n bevolking van 25 762 in 2011. Dit is die oudste nedersetting in die land en hoofstad van die departamento Colonia. Veerbote verbind die nedersetting met die Argentynse hoofstad Buenos Aires.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die vesting en dorp is in Januarie 1680 deur die Portugese goewerneur van Rio de Janeiro, Manuel Lobo, in opdrag van die prins-regent Pedro II van Portugal vir verdedigingsdoeleindes gestig. Later het die Spanjaarde, wat hulle aan die oorkant van die Río de la Plata in Buenos Aires gevestig het, vanweë sy strategies belangrike ligging aanspraak gemaak op Colonia del Sacramento. Die inheemse Guaraní-stamme het in 1742 oorlog teen die Portugese gevoer om hulle te verdryf.

In 'n aantal ooreenkomste soos die Verdrag van Madrid van 1750 en die Verdrag van Santo Ildefonso van 1777 het die nedersetting en sy vesting om die beurt onder Spaanse en Portugese bewind gekom, totdat dit uiteindelik vir goed in Spaanse hande gebly het. Later het dit nog een keer onder Portugese heerskappy gekom. Met die inlywing van Uruguay by Brasilië in 1816 as Banda Oriental het die dorp ook 'n tyd lank onder Brasiliaanse bewind gekom.

Die historiese dele van Colonia del Sacramento is in Desember 1995 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Die 17de eeuse katedraal is die oudste kerkgebou in Uruguay.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Colonia del Sacramento
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?