For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Chrysler.

Chrysler

FCA US LLC
Tipe Maatskappy met beperkte aanspreeklikheid
Gestig Chrysler Korporasie, 6 Junie 1925
Chrysler Group LLC, 10 Junie 2009
Hoofkantoor Auburn Hills, MichiganVerenigde State
SleutelpersoneSergio Marchionne (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotorvoertuie, kommersiële voertuie, motoronderdele
Inkomste$65,78 miljard (2012)
Bedryfsinkomste$1 942 miljard (2012)
Netto inkomste$1 668 miljard (2012)
Werknemers74 700 (2014)
MoedermaatskappyFiat Chrysler Automobiles
DivisiesChrysler, Dodge, Jeep, Ram, Mopar, SRT
Webwerffcausllc.com

Chrysler (uitgespreek /' kraɪslər /), amptelik FCA US LLC, is ’n groot Amerikaanse maatskappy wat motors van alle soorte en groottes maak. Dit kan ook verwys na ’n soort motor wat deur dié maatskappy vervaardig word.[1] Chrysler se hoofkwartier is in Auburn Hills, Michigan. Dit word deur die Italiaanse motorvervaardiger Fiat besit.[2]

Chrysler is een van die "Groot Drie" Amerikaanse motorvervaardigers. Dit verkoop voertuie wêreldwyd onder sy vlagskip-Chryslermerk, sowel as Dodge, Jeep en Ram. Ander groot afdelings sluit in Mopar, sy motoronderdele en toebehore afdeling, en SRT, sy verrigtingmotorafdeling. Sedert 2014 is FCA US LLC die sewende grootste motorvervaardiger in die wêreld.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Chrysler Corporation is in 1925 deur Walter Chrysler gestig, uit wat oorgebly het van die Maxwell Motor Company. Chrysler het aansienlik uitgebrei in 1928, toe dit die Fargo vragmotormaatskappy en die "Dodge Brothers Company" verkry het en voertuie onder dié handelsmerke begin verkoop het; dieselfde jaar het dit ook die "Plymouth" en "DeSoto" motorhandelsmerke gevestig.

Die maatskappy het na Europa uitgebrei in die 1960's, deur die skepping van die Chrysler-Europa afdeling met die verkryging van die Franse, Britse en Spaanse maatskappye. In die 1970's het 'n aantal faktore, insluitend die 1973-oliekrisis, Chrysler se verkope nadelig beïnvloed. Teen die laat 1970's was Chrysler op die rand van bankrotskap, dit het ook sy onttrekking uit Europa veroorsaak in 1979.

Lee Iacocca word aangestel as hoofuitvoerende beampte en laat die maatskappy terugkeer na winsgewendheid in die 1980's. In 1987 het Chrysler die Amerikaanse Motors Corporation (AMC) oorgeneem, wat die winsgewende Jeep merk onder die Chrysler sambreel gebring het.

In 1998 het Chrysler saamgesmelt met die Duitse motorvervaardiger Daimler-Benz AG om DaimlerChrysler te vorm. Die samesmelting was egter omstrede onder sy beleggers en Chrysler is aan Cerberus Capital Management verkoop en herdoop na "Chrysler LLC" in 2007. Chrysler is swaar getref deur die motornywerheidskrisis van 2008–2010, soos ook die ander Groot Drie motorvervaardigers.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Fiat completes Chrysler acquisition in $4.35 billion deal" (in Engels). Autonews.com. 21 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op 1 April 2014.
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Chrysler
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?