For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Carel du Plessis.

Carel du Plessis

Carel du Plessis Rugbyportaal
Volle naam Carel Johan du Plessis
Bynaam Die Prins van vleuels
Geboortedatum 24 Junie 1960 (1960-06-24) (64 jaar oud)
Geboorteplek Somerset-Oos, Suid-Afrika
Lengte 1.84 m
Massa 83 kg
Skool Paarl Boys High
Universiteit Universiteit Stellenbosch
Beroep Makelaar
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Vleuel, senter
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Stellenbosch, Weermag, Merignac, Wanderes, Hamiltons
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1981-1989 Westelike Provinsie
Transvaal
100
8
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1981-1989 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 12 (16)
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
1997 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Carel du Plessis (gebore 24 Junie 1960) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en -afrigter wat bekend is as "die prins van vleuels".

Rugbyfamilie

[wysig | wysig bron]

Carel het in 'n rugbyfamilie grootgeword. Sy pa, Willie, het vir die Oostelike Provinsie en sy oupa (aan moederskant) vir Westelike Provinsie rugby gespeel. Sy broers Willie en Michael het altwee vir die Springbokke gespeel terwyl sy jonger broer, Jacques vir die Westelike- en Oostelike Provinsie rugby gespeel het. Carel het saam met beide broers in toetse gespeel maar die drie het nooit saam in een toets gespeel nie. Carel, Willie en Michael het egter saam vir Westelike Provinsie in die Curriebekereindstryd van 1982 teen Noord-Transvaal gespeel. Westelike Provinsie het die wedstryd met 24-7 gewen.

Rugbyloopbaan

[wysig | wysig bron]

Op skool het Carel losskakel gespeel. Hy haal die Suid-Afrikaanse Skolespan as losskakel in 1978. Slegs twee ander spelers van die 1978 Cravenweekspan word Springbokke: Jaco Reinach en Christo Ferreira. Hulle het egter nie die Skolespan gehaal nie. In 1979 speel hy senter vir Stellenbosch se onder twintig span. In 1980 speel hy senter vir Stellenbosch se eerste span en was kaptein van die SA Universiteite se onder twintig span. Hy haal die ook die Westelike Provinsie se span in die jaar, as vleuel.

Hy word as senter gekies vir die Springbokke van 1981 wat in Nieu-Seeland en Amerika getoer het maar speel nie in een toets nie. Hy speel teen die Jaguars in 1982 en Engeland in 1984.

Hy speel ook vir 'n Oorsese XV teen die Vyf Nasie-lande in 1986 en druk 'n fantastiese drie en speel ook teen die Kavaliers. In 1987 speel hy vir Transvaal.

Carel speel sy laaste wedstryd in 1989, die Curriebekerfinaal vir die Westelike Provinsie teen Noord-Transvaal. In die wedstryd druk hy ook sy laaste drie, wat die wedstryd gelykop laat eindig.

Gedurende 1997 was hy ook die Springbokafrigter.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
André Markgraaff
Springbokafrigters
1997 - 1997
Opgevolg deur
Nick Mallett
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Carel du Plessis
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?