For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Kaprivistrook.

Kaprivistrook

Dorpie in die Kaprivistrook.
Die Kaprivistrook.

Die Kaprivistrook is 'n 30 km breë strook land in Afrika tussen Angola en Botswana wat aan Namibië behoort. Sedert 1990 val die Kaprivistrook in twee Namibiese streke: die westelike helfte lê in die Kawangostreek, terwyl die oostelike helfte in die Sambesistreek is. Die strook begin in die noordooste van die land op die 21ste graad oosterlengte en strek 450 km na die ooste tot die punt waar die Choberivier van die Zambezirivier aftak. Die strook grens in die noorde aan Angola en Zambië en in die suide aan Botswana. Die Okavangorivier vloei deur die westelike deel van die Kaprivistrook.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die Duitse kanselier Leo von Caprivi, na wie die plek genoem is.

Die Kaprivistrook is na die Duitse kanselier Leo von Caprivi genoem. Von Caprivi het die gebied in 1890 by Duits-Wes-Afrika gevoeg in 'n ruiltransaksie met die Verenigde Koninkryk. Dit het Duitsland toegang tot die Zambezirivier en 'n roete na Suider-Afrika se ooskus, waar die Duitse kolonie Tanganjika geleë was, gegee. Die oordrag was 'n deel van die Helgoland-Zanzibar-verdrag, waarvolgens Duitsland sy belang in Zanzibar geruil het vir die Kaprivistrook en die Helgoland-eiland in die Noordsee.

Namibië en Botswana het 'n langdurige geskil oor die suidelike grens van die Kaprivistrook na die Internasionale Hof van Justisie verwys. Die kern van die gebiedsgeskil gaan oor die eienaarskap van die Choberivier. Die uitkoms van die geskil sou bepaal of 'n groot eiland, bekend as Kasikili (Namibië) of Seddudu (Botswana) onderskeidelik, in Namibië se nasionale grondgebied val. Die regering van Botswana beskou die eiland as 'n integrale deel van die Chobe Nasionale Park. Daarenteen beskou die Namibiese regering en baie inwoners van die Kaprivistrook die eiland as deel van die oorspronklike Duits-Britse ooreenkoms. Geslagte van die Kaprivistrook se inwoners het dit vir seisoenale weiding, rietinsameling en as 'n begraafplaas gebruik. In Desember 1999 het die Internasionale Hof van Justisie beslis dat die middelpunt van die Choberivier en daarom die internasionale grens, na die noorde van die eiland lê, en dat die eiland deel vorm van Botswana.

Kaart van die nasionale parke in Namibië. Parke genommer #8, 9, 10 en 11 lê in die Kaprivistrook.

Nasionale Parke

[wysig | wysig bron]

Die Kaprivistrook bestaan tans grotendeels uit natuurparke:

  • Die klein Popa-valle Park is by die watervalle van Popa in die Okavangorivier (#8 op kaart).
  • Die 204 km lang gedeelte tussen die Okavango- en Kwandoriviere vorm die Bwabwata Nasionale Park en die Mahango Wildpark (#9 op kaart).
  • Die Mudumu Nasionale Park is langs die Kwandorivier (#10 op kaart).
  • Die moerasagtige en deurgaans moeilik begaanbare Mamili Nasionale Park is geleë tussen die Kwando- en Linyantiriviere (#11 op kaart).

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Kaprivistrook
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?