For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Canary Wharf.

Canary Wharf

Canary Wharf
Stadsdeel
Die stadsilhoeët van Canary Wharf, soos gesien vanuit die weste.
Die stadsilhoeët van Canary Wharf, soos gesien vanuit die weste.
Canary Wharf is in Groter Londen
Canary Wharf
Canary Wharf
Koördinate: 51°30′13″N 0°01′06″W / 51.50361°N 0.01833°W / 51.50361; -0.01833
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
GraafskapGroter Londen
BoroughTower Hamlets
Bevolking
 • Totaal12 500
TydsoneUTC±00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
E14
Skakelkodes020

Canary Wharf is 'n sake- en wolkekrabberbuurt in die Londense stadsdistrik Tower Hamlets. Dit is een van Londen se twee finansiële hoofsentrums - naas die historiese middestad of City of London - en huisves baie van die hoogste geboue in die Verenigde Koninkryk, waaronder die tweede hoogste wolkekrabber, One Canada Square.

Canary Wharf
Canary Wharf na sononder
'n DLR-trein ry oor die misomhulde Canary Wharf-brug
'n Voetgangerkorridor

Veral sake- en kantoorpersele het hier ontstaan sodat Canary Wharf met 1,3 miljoen m² se kantoor- en winkelruimte in die vraag na gehalte-sakeruimte in Londen voorsien. 730 000 m² hiervan is in besit van die Canary Wharf Group. Canary Wharf bied sowat 90 000 werkgeleenthede en huisves die internasionale of Europese hoofkwartiere van 'n groot aantal banke, professionele dienste-ondernemings en media-organisasies, waaronder Barclays, Citigroup, Crédit Suisse, HSBC, J.P. Morgan, KPMG, MetLife, Morgan Stanley en Thomson Reuters.

Canary Wharf is in die West India Docks op die Isle of Dogs in die East End van Londen geleë. Die kronkel, wat die Teemsrivier hier maak, was nog tot in die vroeë 19de eeu niks meer as 'n moerasgebied nie. Sy ontwikkeling het met grootskaalse droogleggings en die bou van dokke, die West India Docks, in 1802 begin. Dié dokke en aangrensende nywerheidsbuurte het op hul hoogtepunt tot die besigste hawe ter wêreld gegroei. 'n Verskeidenheid invoergoedere is hier gehanteer - van rum tot mahoniehout, later ook landbouprodukte soos piesangs en tomate vanuit die Kanariese Eilande - vandaar die naam Canary Wharf.[1]

Nadat die dokke in 1980 gesluit is, het die Britse regering verskeie projekte begin om die gebied te herontwikkel. So is in 1981 die London Docklands Development Corporation gestig en die Isle of Dogs in 'n sakegebied omgeskep. In 1987 het die Kanadese onderneming Olympia and York 'n kontrak vir die bou van 'n grootskaalse kantoorgebou-projek op die Isle of Dogs onderteken. Boubedrywighede het in die volgende jaar begin.

Die befondsing van basiese openbare vervoerinfrastruktuur was aanvanklik omstrede - die konserwatiewe regering was nie bereid om meer as die helfte van die koste te dra wat daaraan verbonde was nie. So was pendelaars jare lank op die Docklands Light Railway-stelsel aangewese. Eers vanaf 1999 het 'n uitbreiding van die Jubilee Line-moltreinroete Canary Wharf met Sentraal-Londen verbind.

Verwysings

  1. Rob Humphreys: The Rough Guide to London. New York • London • Delhi: Rough Guides 2003, bl. 254

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Canary Wharf
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?