For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Canal Saint-Martin.

Canal Saint-Martin

Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Hôtel du Nord
Die kronkelende rivierloop van die Seine was 'n gedwonge ompad vir bootvervoer. Die kanaalprojek het 'n welkome afkorting geskep
Gedurende die somermaande geniet Parysenaars hul aandete of 'n drankie langs die rustige kanaal
Moderne toeriste- en veerbote - soos hierdie batobus - vervoer passasiers deur sommige van Parys se minder bekende buurte
Parysenaars geniet die warm Aprilson
Die herfson skyn sag oor die voetgangerbrug Passerelle Bichat
Récollets-sluise digby die voetgangerbrug

Die Canal Saint-Martin is 'n kanaal in die ooste van die Franse hoofstad Parys wat die Canal de l'Ourcq met die Seine-rivier verbind. Die besluit om die kanaal te bou is reeds in 1802 deur Napoléon Bonaparte geneem, maar eers in 1825 kon die projek voltooi word. Die kanaal se hoogteverskil van 25 meter word deur nege sluise gehanteer.

Meer as die helfte van sy totale lengte - 2 069 van altesaam 4 600 meter tussen die Rue du Faubourg du Temple en die plein Place de la Bastille - is in die middel van die 19de eeu oordek om breër boulevards en openbare ruimtes aan die oppervlak te skep. Terwyl die kanaal sy oorspronklike funksies as watertoevoer en waterweg vir goederevervoer lankal ingeboet het, is die rustige, boomomsoomde promenades langs sy oewers net soos sy sluise en romantiese brûe tans gewild by Parysenaars en besoekers - net soos bootvaarte. Die mees nabygeleë moltreinstasie van Paris Métro is Stalingrad (lyne 2, 5 en 7).

Kastaiingbome en pleine met eetplekke langs die kanaaloewers, geleë in die Paryse ooste se historiese werkersklasbuurte, skep saam met voetgangerbrûe in die Venesiaanse styl 'n aantreklike atmosfeer wat as inspirasie vir misdaadskrywers soos Georges Simenon en Léo Malet en die filmregisseur Marcel Carné (1909−1996) gedien het. Carné se rolprentdrama Hôtel du Nord van 1938 speel in die gelyknamige hotel langs die kanaal af. In 2001 is tonele vir Le Fabuleux Destin d'Amélie Poulain, Jean-Pierre Jeunet se romantiese komedie waarin Audrey Tatou die hoofrol vertolk het, langs die Canal Saint-Martin verfilm.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Canal Saint-Martin
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?