For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Boston Teeparty.

Boston Teeparty

Boston Teeparty
Deel van die Amerikaanse Rewolusie

Tee word in die see gestort
Datum 16 Desember 1773
Ligging Boston, Massachusetts
Resultaat Strenger wetgewing in Boston
Strydende partye
Amerikaanse kolonies
Boston-kolonie
Britse regering
Aanvoerders
Samuel Adams
"Sons of Liberty"
Oos-Indiese Kompanjie
Engeland

Die Boston Teeparty was 'n betoging op 16 Desember 1773 teen die Britte se destydse belasting op tee. Amerikaanse patriotte het vragte tee van Britse skepe in die Bostonhawe gestort. Dit is een van die aksies wat aanleiding gegee het tot die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog.[1]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die Britse regering het belasting gehef op tee wat na Amerika uitgevoer was. Dit het veroorsaak dat Amerikaners tee uit Nederland na Amerika gesmokkel het om die belasting te omseil. In 1773 het Engeland die belasting verminder om 'n amper bankrot Britse Oos-Indiese Kompanjie te red. Die Kompanjie is ook toegelaat om tee direk na Amerika uit te voer, in stede daarvan om die tradisionele publieke vendusieprosedure te volg. Die Kompanjie het sekere Amerikaanse handelaars as agente aangestel en die tee na hulle verskeep. Dit het tot gevolg gehad dat die Engelse tee goedkoper geraak het as die gesmokkelde tee.

Daar was onmiddellik weerstand deur Amerikaanse handelaars wat beswaar gemaak het teen die monopolistiese kompetisie van die Britse Oos-Indiese Kompanjie. Politici het die saak verder na vore gebring en dit belasting sonder verteenwoordiging genoem. Daar was sterk weerstand van Charleston tot by Portsmouth en in die meeste plekke is die tee teruggestuur of nie afgelaai nie, behalwe in Boston. Goewerneur Thomas Hutchinson, wie se seuns ook teehandelaars was, het geweier om die nodige doeanedokumente uit te reik. Op die middag van 16 Desember 1773, het Amerikaanse mans, vermom as Indiane, die skepe bestyg en die tee in die hawe uitgegooi. Engeland het toe wette geproklameer om hulle beheer oor Massachusetts, en gevolglik Boston, te verstewig.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 416, 1971

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

42°21′13″N 71°03′09″W / 42.3536°N 71.0524°W / 42.3536; -71.0524

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Boston Teeparty
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?