For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Bernau im Schwarzwald.

Bernau im Schwarzwald

Bernau im Schwarzwald

Ligging in Baden-Württemberg Wapen
 Land Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Distrik Waldshut (WT)
 Koördinate 47°48′N 8°2′E / 47.800°N 8.033°O / 47.800; 8.033
 Stigting (eerste verwysing) 1173
 Oppervlakte:  
 - Totaal 38,04 vk km
 Hoogte bo seevlak 855-1 415 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 1 898
 - Bevolkingsdigtheid 50/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde bergklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 5,5°C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -2,5 / 13,9°C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 1 918 mm
 Burgemeester Rolf Schmidt
 Amptelike Webwerf Bernau

Bernau im Schwarzwald is 'n nedersetting en ski- en ontspanningsoord in die administratiewe distrik Waldshut van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Bernau is in 'n hooggeleë vallei van die Suidelike Swartwoud, suid van die bergpiek Feldberg en wes van die meer Schluchsee, geleë. Die dorpsgebied behels die vallei van die Bernauer Alb, 'n klein bronrivier van die Alb, en strek van 'n hoogte van 855 m in sy laagste deel tot 1 415 m bo seevlak by die bergpiek Herzogenhorn.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Resenhof, 'n plaas in die tradisionele Swartwoud-styl

Die eerste menslike nedersettings - monniksplase - in die huidige dorpsgebied is in die laat 11de eeu deur lekebroeders van die klooster St. Blasien aangelê. Die eerste verwysing na Bernau dateer uit die jaar 1173 toe 'n kapel in die dorpsbuurt Hof ingewy is. Met die sekularisasie van St. Blasien in 1806 het die heerskappy van dié klooster tot 'n einde gekom. Bernau, wat oorspronklik 'n besitting van Voor-Oostenryk was, is in dieselfde jaar by die nuutgestigte Groothertogdom Baden ingelyf.

In 1934 is vier voorheen selfstandige nedersettings in die Bernau-vallei saamgesmelt om die nuwe munisipaliteit Bernau te vorm. Die amptelike naam is ter onderskeiding van ander gelyknamige nedersettings op 1 Januarie 1999 gewysig tot Bernau im Schwarzwald.

Kuns en tradisies

[wysig | wysig bron]
Hans Thoma: Selfportret met Liefde en Dood, olieverf op doek (1875), Staatliche Kunsthalle Karlsruhe

Bernau het veral bekendheid verwerf as die geboortedorp van die bekende Duitse skilder Hans Thoma (1839-1924) verwerf. Plaaslike tradisies sluit onder meer houtkuns in, en hout het naas landbou ook tradisioneel die basis van die plaaslike ekonomie gevorm. Bernau se Hinterwälder Vieh is die kleinste beesras in Europa.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Bernau im Schwarzwald
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?