For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Benetton.

Benetton

Benetton
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 1965
Hoofkantoor Ponzano Veneto, Italië
SleutelpersoneLuciano Benetton (stigter en uitvoerende voorsitter)
Francesco Gori (Nie-uitvoerende voorsitter van die raad van direkteure)
Marco Airoldi (uitvoerende hoof & besturende direkteur)
Marco Airoldi (direkteur)
Tommaso Barracco (direkteur)
Alessandro Benetton (direkteur)
Christian Benetton (direkteur)
Franca Bertagnin Benetton (direkteur)
Sabrina Benetton (direkteur)
Fabio Buttignon (direkteur)
Christian Coco (direkteur)
Francesco Gori (direkteur)
Alfredo Malguzzi (direkteur)
Francesco Panfilo (direkteur)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMode
ProdukteKlere, skoene, sakke, bykomstighede
Inkomste€1 529 miljoen (2015)
Werknemers7 500 (2016)
MoedermaatskappyEdizione srl, Treviso
Dogter-
maatskappye
Undercolors of Benetton • Sisley
Webwerfbenettongroup.com
United Colors of Benetton-winkel en -stamhuis op Treviso se Piazza Indipendenza. Luciano Benetton het sy loopbaan as verkoper in 'n tekstielwinkel in Treviso begin. In die voorgrond: Luigi Borro se oorlogsmonument L’Italia turrita

Die Benetton Groep is ’n Italiaanse mode-etiket wat in 1966 deur Luciano Benetton in Ponzano Veneto in die Noord-Italiaanse provinsie Treviso gestig is. Benetton vervaardig kleurvolle vryetydskleding, bybehore en sporttoebehore vir vroue, mans en kinders wat as massaprodukte teen bekostigbare pryse in die mode-etiket se eie winkels dwarsoor die wêreld en via ander kleinhandelkanale verkoop word.

Benetton het groot sukses behaal met ongewone en opspraakwekkende advertensieveldtogte wat tussen 1982 en 2000 deur die Milaanse fotograaf en artistieke direkteur Oliviero Toscani ontwerp is en waarin nie tekstiele sentraal staan nie, maar politieke en sosiale brandpunte in skokkende foto's getematiseer word, met die teks "United Colors of Benetton" daaronder.[1]

Vir 'n goeie saak het ook Luciano Benetton nie geskroom om self betrokke te raak by ongewone aksies in winkels nie. So het hy kondome aan klante geskenk of hom naak getoon om met die slagspreuk "Gee my my klere terug!" klere vir behoeftiges in te samel.[2]

'n Tweede handelsmerk van die groep is Sisley wat oorspronklik in 1968 in Parys as vervaardiger van katoenmode gevestig is. In 1974 is dit deur die Benetton Groep oorgeneem.[3] Sisley-mode en -bybehore word onder meer in die etiket se eie winkels verkoop.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
'n Benetton-winkel in Parma, Italië

Die groep se naam is van die Benetton-familie afgelei. Giuliana Benetton begin op vyftien om truie vir 'n plaaslike maatskappy te brei. Haar ouer broer, Luciano, sien 'n toekoms in sy suster se bedrywighede en besluit om die truie per fiets aan tekstiel-maatskappye te verkoop. Later begin sy twee ander broers, Gilberto en Carlo, hom help en die familie maak uiteindelik open hulle hul eerste winkel in 1965 in Belluno.

In 1969 open hulle hul eerste buitelandse filiaal in Parys. Daarna volg New York in 1980 en Tokio in 1982. Vandag besit die groep 'n netwerk van ongeveer 5 000 winkels in die belangrikste internasionale markte.

Danksy sy sukses met die United Colors of Benetton-mode-etiket was die Benetton-familie in staat om met sy houermaatskappy grootskaals in ander sektore soos eiendomme, voedselverwerking en infrastruktuur te belê. So hou die Benettons via Atlantia S.p.A. onregstreekse belange (26,6 persent) in Autostrade per l’Italia SpA, 'n onderneming wat sowat twee derdes van Italië se snelwegnetwerk bestuur.

Korporatiewe argitektuur

[wysig | wysig bron]

Met mode as sy kernbelang was dit vir die Benettongroep 'n logiese stap om sy aktiwiteite na ander ontwerpgebaseerde belangevelde uit te brei, insluitende sy korporatiewe boukuns. Reeds in 1964, lank voordat die samewerking met bekende sterargitekte 'n modeverskynsel in die wêreld van mode-ontwerpers geword het, het Luciano Benetton aan twee jong en ambisieuse argitekte, Afra en Tobia Scarpa, die opdrag gegee om sy eerste tekstielfabriek te ontwerp. Die Benetton-familie het sodoende sy eie argitektoniese visie van 'n ideale werkplek ontwikkel.

Die groep se navorsingsentrum vir korporatiewe kommunikasie in Treviso, Fabrica, is deur die befaamde Japannese argitek Tadao Ando ontwerp.

Sien ook

[wysig | wysig bron]
  • Benetton Formula-span, F1-span wat deur Benetton geborg was. In 1979 het hulle ook die rugbyklub Benetton Rugby Treviso gekoop.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Claudia Neumann: Design Lexikon Italien. Köln: DuMont 1999, bl. 126
  2. Neumann (1999), bl. 126
  3. "Museo del Marchio Italiano: The Sisley logo. Besoek op 28 Mei 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2019. Besoek op 28 Mei 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Finansiële houermaatskappy Edizione srl in Treviso
Fondazione Benetton Studi Ricerche in Treviso
Nuwe winkelkonsepte
Terugkeer van Luciano Benetton en Oliviero Toscani
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Benetton
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?