For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Bajezid I.

Bajezid I

Bajezid I
Sultan van die Ottomaanse Ryk

Volle naam Sultan Bajezid I Yıldırım
Ottomaanse naam بايزيد اول
Tydperk 1389–1402
Stadium Opgang van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Murat I
Opvolger Tussenregering
Toegra

Bajezid I (Ottomaanse Turks: بايزيد اول, moderne Turks: I.Bayezid, Serwies: Бајазит; 1360 – 8 Maart 1403), ook genoem die Weerligstraal, was van 1389 tot 1402 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Murat I[1][2] en het hom opgevolg nadat hy in 1389 in die Slag van Kosowo dood is.

Met die Turkse oorwinning in dié slag het Serwië ’n afhanklike staat van die Ottomaanse Ryk geword. ’n Jaar later is Bajezid getroud met prinses Olivera Despina, die dogter van Lazar van Serwië, wat ook in die slag dood is.

Bisantynse beleg

[wysig | wysig bron]

In 1394 het Bajezid Konstantinopel, die hoofstad van die Bisantynse Ryk, beleër.[3] Die Anadoluhisarı-fort (Fort van Asië) is tussen 1393 en 1394 gebou as deel van die voorbereiding vir die tweede beleg van Konstantinopel deur die Turke in 1395. Op aandrang van die Bisantynse keiser Johannes V Paleologus is ’n nuwe kruistog gereël om hom te verslaan. Dit het egter nie geslaag nie; in 1396 is hulle verslaan.

Die beleg van Konstantinopel het daarna voortgeduur, tot in 1401. Daarna het die Bisantyne ’n blaaskans gekry toe Bajezid teen die Timoeriede in die ooste geveg het.

Timoer en die Slag van Ankara

[wysig | wysig bron]
Bajezid in aanhouding, Stanisław Chlebowski (1878).

In 1400 het die Sentraal-Asiatiese krygsheer Timoer Lenk die afhanklike state van die Ottomaanse Ryk opgesteek in ’n aanval teen Bajezid.

In die Slag van Ankara op 20 Julie 1402 het Timoer vir Bajezid gevange geneem. Sy seuns het egter ontsnap en sou later ’n burgeroorlog begin. Volgens sekere moderne bronne het Timur Bajezid in ’n goue hok in kettings aangehou as ’n trofee.

’n Jaar later het Bajezid selfmoord gepleeg – óf deur sy kop teen die tralies van sy hok te stamp óf deur gif te drink wat in sy ring versteek was.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Lowry, Heath W., The Nature of the Early Ottoman State, 2003 SUNY Press, bl. 153
  2. Runciman, Steven, The Fall of Constantinople, Cambridge University Press, bl. 36
  3. Mango, Cyril. The Oxford History of Byzantium. 1ste uitg. New York: Oxford UP, 2002. bl. 273-4
  • Goodwin, Jason, Lords of the Horizons

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Bajezid I
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?