For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Arnaldur Indriðason.

Arnaldur Indriðason

Arnaldur Indriðason
Arnaldur Indriðason in 2004
Gebore28 Januarie 1961
NasionaliteitVlag van Ysland Ysland
BeroepSkrywer
Ouer(s)Indriði G. Þorsteinsson

Arnaldur Indriðason (* 28 Januarie 1961 in Reykjavik) is 'n Yslandse skrywer van speurverhale. Hy het in 1996 'n graad in geskiedenis aan die Universiteit van Ysland verwerf en was later vir 'n langer tydperk as joernalis en filmkritikus vir die dagblad Morgunblaðið werksaam.

Literêre werke

[wysig | wysig bron]

Arnaldur Indriðason het tot dusver elf romans geskryf wat in 26 lande vrygestel en in tale soos Duits, Noors, Deens, Sweeds, Fins, Engels, Nederlands, Tsjeggies, Spaans, Portugees en Frans vertaal is. Die meeste van Indriðason se speurverhale handel om kommissaris Erlendur Sveinsson en sy kollegas van die Reykjavikse polisiekantoor, en met die derde roman in hierdie reeks, Mýrin, het Indriðason internasionale bekendheid verwerf.

Mýrin handel om 'n verkragting wat eers ná enkele jare aan die lig kom toe die dader in misterieuse omstandighede vermoor word. Die outeur het in hierdie boek 'n aktuele en emosionele onderwerp aangespreek aangesien die versameling van genetiese gegewens van Yslandse burgers in 'n databank en erflike siektes 'n sentrale rol in die boek speel.

Mýrin (Engelse titel: Jar City) is in 2006 deur die regisseur Baltasar Kormákur met Ingvar Eggert Sigurðsson in die hoofrol verfilm. Die film is met die hoofprys van die 42ste Filmfees van Karlovy Vary (Karlsbad) in die Tsjeggiese Republiek bekroon.

Slegs twee van Indriðason se werke val nie in die speurverhaal-kategorie nie en kan eerder as rillerromans beskryf word. Napóleonsskjölin handel om 'n politieke intrige van die Amerikaanse geheimediens in Ysland - spore van 'n vliegtuig lei tot die gletser Vatnajökull. Bettý is die verhaal van 'n femme fatale, 'n beeldskone jong dame wat as 'n verleidster optree en alles doen om haar doelwit te bereik. Die geslaagde verrassingseffek in die middel van die boek herinner aan die einde van The Sixth Sense. Die twee romans was blykbaar minder aantreklik vir lesers van Indriðason se speurverhale en het dan ook byvoorbeeld in Duitsland slegs as sagtebande verskyn.

Die kommissaris Erlendur Sveinsson-reeks

[wysig | wysig bron]
  1. Synir Duftsins (1997)
  2. Dauðarósir (1998)
  3. Mýrin (2000)
  4. Grafarþögn (2001)
  5. Röddin (2002)
  6. Kleifarvatn (2004)
  7. Vetrarborgin (2005)
  8. Harðskafi (2007)

Ander romans

[wysig | wysig bron]
  • Napóleonsskjölin (1999)
  • Bettý (2003)
  • Konungsbók (2006)

Literêre toekennings

[wysig | wysig bron]
  • 2002: Glasnyckel vir Mýrin
  • 2003: Glasnyckel vir Grafarþögn
  • 2005: Gold Dagger Award vir Silence of the Grave (Engelse vertaling van Grafarþögn)
  • 2005: Sweedse Speurverhaalprys vir Änglarösten (Sweedse vertaling van Röddin)
  • 2007: Filmprys van die 42ste Internasionale Filmfees van Karlovy Vary vir Mýrin (Jar City)
  • 2007: Grand prix de littérature policière‎ in die Internasionale Kategorie vir La voix (Franse vertaling van Röddin)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Arnaldur Indriðason
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Arnaldur Indriðason
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?