For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Arabiese woestyn.

Arabiese woestyn

Die Arabiese woestyn is in westelike Asië geleë, en strek vanaf Jemen na die Persiese Golf, en vanaf Oman na Jordanië en Irak. Dit is 'n groot wildernis, wat die grootste gedeelte van die Arabiese Skiereiland beslaan, met 'n oppervlak van 2 330 00 km², wat dit die 4de grootste woestyn in die wêreld maak, en is die grootste woestyn in Asië. In die middel van die woestyn is die Rub'al-Khali, een van die grootste aaneenlopende sandgebiede in die wêreld.

Verskeie dierespesies (bv. wildsbokke, gemsbokke en akkedisse) wat aangepas is om in hierdie uiterste woestynklimaat te oorleef, kom hier voor. Hierdie area het ook verskeie kenmerkende soos rooi duine en dryfsand (Engels: quicksand) wat voorkom. Die klimaat is hoofsaaklik droog, en die grootste gedeelte kry ongeveer 100 mm reën per jaar (sommige gedeeltes tot so min as 50 mm per jaar), en die temperatuur wissel tussen baie hoë dagtemperature, en seisoenale vriestemperature snags.

Die Arabiese woestyn vorm deel van die woestyn en xeriese struikland-bioom, en die palaeoarktiese ekosone. Die biodiversiteit van die area is baie laag, maar daar kom wel 'n paar plantspesies voor wat endemies is tot hierdie area. Verskeie dierespesies wat vroeër hier voorgekom het (bv. gestreepte hiëna, jakkalse en ratels), het a.g.v. jagaktiwiteite, menslike indringing en habitat-vernietiging verdwyn. Die grootste bedreiging vir hierdie ekostreek is oorbeweiding, vernietiging deur die mens, en voertuie wat nie op paaie ry nie. Daar is egter 'n paar spesies wat weer hier hervestig is, en in verskeie wildreservate beskerm word.

Ekologie en natuurlike hulpbronne

[wysig | wysig bron]
Cornulaca monacantha, in Arabies as "had" of "djouri" bekend

Van die natuurlike hulpbronne wat hier voorkom sluit olie, natuurlike gas, swawel en fosfate in. Die Rub'al-Khali het 'n baie klein plantdiversiteit, met slegs 37 plantspesies (slegs een of twee is endemies), waarvan 20 in die sandgebiede aangeteken is, en 17 spesies wat op die grense van die gebied voorkom. Plantegroei is baie yl, maar eweredig versprei, behalwe vir onderbrekings naby steriele sandduine.

Tipiese plante sluit die volgende in:

  • Calligonum crinitum op die duinhellings
  • Cornulaca monacantha (= Cornulaca arabica)
  • Cyperus conglomeratus

Ander wydverspreide spesies sluit in:

  • Dipterygium glaucum
  • Limeum arabicum
  • Zygophyllum mandavillei (Mandaville 1986)

Behalwe by die buitenste grense word baie min bome aangetref (gewoonlik Acacia ehrenbergiana en Prosopis cineraria). Ander spesies is 'n houtagtige meerjarige Calligonum comosum en eenjarige kruie soos Danthonia forskallii.

Politieke grense

[wysig | wysig bron]

Die Arabiese woestyn lê hoofsaaklik in Saoedi-Arabië, maar strek oor die grense na omliggende lande soos Egipte, suidelike Irak, en suidelike Soedan.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Arabiese woestyn
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?