For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Antisemitisme.

Antisemitisme

Geen Jode
Duitsland 1933: 'Duitsers! Verdedig jouself! Moenie by Jode koop nie!'
Slagoffers van die 1905-pogrom in Dnipro.

Antisemitisme is 'n haat vir, of vooroordeel teenoor Jode (m.a.w. Jodehaat). Jode het oor die geskiedenis dikwels met teenstand en selfs haat van ander te doen gekry. Antisemiete diskrimineer teen Jode as gevolg van hulle etnisiteit of godsdiens. Verskeie vorme van weerstand is later met die term 'antisemitisme' saamgevat. Dit sluit diskriminerende wette, en selfs moord op Jode, soos tydens pogroms en die Sjoa (Holocaust) in.

Hoewel die woord 'antisemitisme' haat jeens alle Semiete (sprekers van Semitiese tale, waaronder Arabiere) insluit, is die term slegs op Jode van toepassing. Die term antijudaïsme word ook soms gebruik, veral deur teologiese teenstanders van die Jodedom (dus nie op etnisiteit, maar teen die Joodse geloof gerig).

Antisemitisme het sy hoogtepunt tussen 1933 en 1945 met die Sjoa, ook bekend as die finale oplossing, bereik. Die plan was om van die totale Joodse bevolking in Europa ontslae te raak. Ongeveer ses miljoen Europese Jode is as gevolg van die Nazi-leier Adolf Hitler se optrede dood. Volgens hom was die Jode 'n rasgroep met swak natuurlike eienskappe.

Antisemitisme is vandag steeds algemeen. 'n Opname in 2011 deur die Pew Research Center toon dat Moslem-lande in die Midde-Ooste oor die algemeen steeds 'n slegte indruk van Jode het.[1] Slegs 2% van Egiptenare, 3% van die Libanese Moslems en 2% Jordaniërs het 'n gunstige houding jeens Jode. In 'n 2013-opname van 5847 Jode in Europa, het 76% gedink dat antisemitisme oor die afgelope vyf jaar toegeneem het en 29% het emigrasie oorweeg omdat hulle onveilig voel.

In die Bybel

[wysig | wysig bron]

Die Nuwe Testament bevat antisemitiese inhoud:

Want julle het navolgers geword, broers, van die gemeentes van God in Judeʹa wat in eenheid met Christus Jesus is, omdat julle ook dieselfde dinge onder julle eie landgenote begin ly het as wat hulle ook onder die Jode ly, wat selfs die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg het. Daarbenewens behaag hulle God nie, maar is teen die belange van alle mense, aangesien hulle ons probeer verhinder om met mense van die nasies te praat sodat dié gered kan word, met die gevolg dat hulle altyd die maat van hulle sondes vol maak. Maar sy gramskap het eindelik oor hulle gekom.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Antisemitisme
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?