For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Allotroop.

Allotroop

Natuurlike grafiet
Diamante

Allotrope is twee of meer vorme van dieselfde element met verskillende (kristal)strukture.

'n Klassieke voorbeeld van twee allotrope is grafiet en diamant. Albei is vorme van die element koolstof, maar die struktuur en saam daarmee die eienskappe van die twee stowwe is baie verskillend. Die een is swart, 'n goeie elektriese geleier en 'n smeermiddel, die ander is helder deursigtig, 'n halfgeleier met 'n groot bandgaping en die hardste materiaal. Tog kan beide verbrand volgens die reaksie:

Die hitte wat daarby vrygestel word is nogtans nie heeltemal dieselfde nie. 'n Gram grafiet gee effens meer hitte as 'n gram diamant. Dit wil sê dat die grafietallotroop van koolstof die stabiele fase is en diamant 'n metastabiele fase. Koolstof het nog meer allotrope, soos buckminsterfullereen en grafeen.

Daar bestaan verskeie elemente met allotrope, soos wit en rooi fosfor, wit en grys tin ensomeer. Ook disuurstof O2 en osoon O3 word soms allotrope van die element suurstof genoem, maar vloeibare, gasvormige en vaste vorme van dieselfde element word gewoonlik nie met die woord allotroop aangedui nie.

Verbindings kan ook meer as een vorm vertoon. Kwarts SiO2 het byvoorbeeld baie vorme. Dit word egter gewoonlik polimorfie genoem. Allotropie kan gesien word as 'n spesiale geval van polimorfie.

Watter allotroop die stabielste fase is hang af van die omstandighede, soos die temperatuur en die druk. Indien die omstandighede verander kan 'n fase-oorgang optree en die een allotroop in die ander oorgaan.

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Allotroop
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?