For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Alkeen.

Alkeen

Buteen

'n Alkeen is 'n koolwaterstofverbinding wat 'n dubbelbinding tussen twee koolstofatome bevat. Hierdie dubbelbinding het tot gevolg dat alkene onversadigde verbindings is, en makliker as alkane reageer, wat versadigde verbindings is. Alkene vorm 'n homoloë reeks met die algemene formule CnH2n, en hul name word afgelei van die ooreenstemmende alkaan, maar met 'n -een-agtervoegsel pleks van -aan.

Cis- en trans-isomere

[wysig | wysig bron]
Die stereo-isomere van 2-buteen.

Alkene kan in verskeie stereo-isomere voorkom omdat die dubbelbinding nie vry kan draai nie. Dit sou die pi-binding verbreek. Daardeur het 2-buteen 'n cis en 'n trans-isomeer wat eienskappe het wat nie heeltemal dieselfde is nie. Byvoorbeeld, die trans-isomeer se kookpunt is net 1 °C, die cis-isomeer s'n is 4 °C.

Addisiereaksies

[wysig | wysig bron]
Die hidrogenering van eteen

Addisiereaksies by alkene kan plaasvind deur die byvoeg van H2 (hidrogenering) of deur die byvoeg van 'n halogeen (halogenering). Addissiereaksies by alkene vind gewoonlik in die teenwoordigheid van 'n katalisator, soos platinum (Pt), plaas.

Onderskeiding

[wysig | wysig bron]

Om tussen alkene en alkane te onderskei, kan die geelbruin broomwater by die stof gevoeg word. Die houer waarin die geelbruinkleur die vinnigste verdwyn — dit wil sê waar Br2 die vinnigste reageer — is waar die alkeen is.

Diëne, triëne ens.

[wysig | wysig bron]
1,3,-butadieen, 'n bekende gekonjugeerde dieen

'n Molekuul kan meer as een dubbele binding bevat. Van die molekule wat twee bevat word alkadiëne genoem en met drie alkatriëne ensomeer. Die posisie van die dubbele bindings relatief tot mekaar kan nogtans verskillende tipes verbindings oplewer:

  1. ..C=C=C.. is 'n alleen
    Allene word dikwels as 'n aparte funksionele groep beskou. Die twee dubbele bindings bestaan elk uit 'n sigma- en 'n pi-binding, maar die vlakke van die pi-bindings staan loodreg op mekaar en hulle is daarom nie gekonjugeerd nie.
  2. ..C=C-C=C ... is 'n gekonjugeerde dieen.
    Indien daar net een enkelbinding tussen die dubbelbindings sit kan die twee pi-bindings saam 'n groter molekulêre orbitaal vorm en dit stabiliseer die molekuul en gee dit besondere eienskappe
  3. ..C=C-C-C=C... is 'n ongekonjugeerde dieen.
    Indien daar meer as een enkelbinding tussen die dubbelbindings sit, tree hulle onafhanklik van mekaar op.


{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Alkeen
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?