Alfaverval
Alfaverval is 'n vorm van radio-aktiewe verval waarin die onstabiele kern 'n alfadeeltjie uitstraal. 'n Alfadeeltjie is basies 'n heliumkern - 4He (dus, 'n heliumkern sonder sy twee elektrone).
Byvoorbeeld, uraan-238 wat verval deur die vrystelling van 'n α-partikel om torium-234 te vorm kan soos volg uitgedruk word:
Omdat 'n alfapartikel dieselfde is as die nukleus van 'n helium-4-atoom kan dit ook soos volg uitgedruk word:
Helium se kern bestaan uit twee protone en twee neutrone. Dus die atoomgetal gelyk aan 2 en die aantal nukleone gelyk aan 4. Dit word geskryf as 42He, soos hierbo gewys.
Die uitstraling van alfa-deeltjies sal die betrokke atoomkern se massagetal met 4 en sy atoomgetal met 2 laat afneem. Die dogterelement wat so gevorm word, sal dus 2 posisies na links van die moederelement op die periodieke tabel lê.
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.