Alamein
El Alamein العلمين | |
---|---|
![]() Die hawe van El Alamein, Porto Marina | |
Koördinate: 30°50′00″N 28°57′00″O / 30.83333°N 28.95000°O | |
Land | ![]() |
Governorate | |
Bevolking | |
• Totaal | 7 397 |
Tydsone | UTC+2 (EST) |
Alamein of El Alamein[1] (Arabies: العلمين, "Die twee vlae") is 'n dorp in die noorde van Egipte aan die Middellandse See. Dit lê 106 kilometer wes van Alexandrië en 240 kilometer noordwes van Kaïro. El Alamein het 7 397 inwoners (2007).
Die dorp is bekend as die plek waar die Geallieerde magte, gelei deur veldmaarskalk Bernard Montgomery, 'n belangrike slag tydens die Tweede Wêreldoorlog teen Nazi-Duitsland en Italië gewen het. Die Duitse en Italiaanse Afrikakorps onder leiding van Erwin Rommel verloor 59 000 man (gedood, gewond en krygsgevangenes), terwyl die Britse 8ste leër 13 000 man verloor het. Die Duitsers het ook die grootste deel van hul tenks gedurende hierdie 12-dagse veldslag verloor. Dit was die eerste veldslag wat Duitsland sedert die Slag om Brittanje verloor het.
![](https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/El_Alamein_1942_-_British_infantry.jpg/220px-El_Alamein_1942_-_British_infantry.jpg)
El Alamein beskik oor 'n museum wat die slag gedenk en die gebeure wat daar afgespeel het dokumenteer.
Verwysings
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Alamein.
Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply.
Images, videos and audio are available under their respective licenses.