For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for AGV.

AGV

'n AGV-trein ondergaan toetse in Tsjeggië.

Die AGV ('n afkorting van die Franse Automotrice à grande vitesse) is 'n nuwe reeks Franse hoësnelheidstreine wat deur die maatskappy Alstom vervaardig en as opvolger van die TGV beskou word. Die trein is aanvanklik as 'n gemeenskaplike projek van Alstom en die Franse spoorwegmaatskappy SNCF ontwikkel, maar SNCF het sy deelname later beëindig.[1] Die nuwe trein, wat in tegniese opsig die vierde generasie van TGV-hoësnelheidstreine verteenwoordig, is uiteindelik deur Alstom teen 'n koste van sowat € 100 miljoen ontwikkel, en die eerste treine is in 2010 in bedryf gestel.

Die tegniese hoofverskille teenoor die voorloper TGV is die hoër togsnelheid (360 km/h teenoor die TGV se 320 km/h), meer sitplekke (615) en nuwe enjins wat - net soos by die Duitse hoësnelheidstrein ICE - nou oor die hele lengte van die trein verdeel is. In vergelyking met die TGV sal die AGV se nuwe enjins ook energiebesparend wees. Die AGV se massa is ook in vergelyking met ander tipes hoësnelheidstreine verminder sodat die totale energiebesparing tot 30 persent beloop.

Mark en klante

[wysig | wysig bron]

Die eerste AGV-prototipe, wat uit drie waens bestaan het, is op 5 Februarie 2008 naby La Rochelle amptelik bekend gestel.[2]

Die Italiaanse privaatmaatskappy Nuovo Trasporto Viaggiatori (NTV) was die eerste onderneming wat in Januarie 2008 25 treine met 11 seksies elk bestel het. Elkeen van die treine bied sitplek vir 500 passasiers. Die treine is vanaf die jaar 2012 vir spoorwegverbindings tussen Milaan, Turyn en Napels en tussen Rome en Venesië gebruik.[3] Die treine, wat volgens die kontrak 30 jaar lank deur Alstom gediens sal word, is teen 'n totale koste van € 1,5 miljard aangeskaf.[4]

Volgens persberigte oorweeg ook die Duitse spoorwegmaatskappy Deutsche Bahn AG[5] om AGV-treine aan te skaf asook die Franse lugredery Air France.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Der neue TGV heißt AGV. Frankfurter Allgemeine Zeitung Nr. 31, 6 Februarie 2008, bl. 14
  2. Frankreich setzt neuen ICE-Konkurrenten auf die Schiene. (FAZ.NET-video)
  3. Alstom 2017
  4. Ecco il treno di Montezemolo
  5. Bahn will nach 2010 in Frankreich fahren. Der Spiegel, nommer 7, 11 Februarie 2008, bl. 61
  6. Air France erwägt Kauf des AGV. Focus Money (aanlynuitgawe), 7 Februarie 2008
TGV Hoëspoedtreine
Acela Express | Aérotrain | AGV | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | Flytoget | Gautrein | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01
Magneetsweeftreine | Pendolino | Sapsan |Shinkansen | Singapoerse MRT | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid | X 2000
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
AGV
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?