For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Île-de-France.

Île-de-France

Île-de-France

Blason de l'Île-de-France d'azur aux trois fleurs de lys d'or

Départements Essonne (91)
Hauts-de-Seine (92)
Parys (75)
Seine-Saint-Denis (93)
Seine-et-Marne (77)
Val-de-Marne (94)
Val-d'Oise (95)
Yvelines (78)
Prefektuur Parys
Bevolking 12 278 210 inw.
(2020)
Bevolkingsdigtheid 1000 inw./vk km
Oppervlakte 12 012 vk km
Arrondissemente 25
Kantons 317
Munisipaliteite 1 281
President van
Gewestelike Raad
Jean-Paul Huchon (PS)

Die Île-de-France is 'n administratiewe gebied in Noord-Frankryk, wat grotendeels ooreenkom met die metropolitaanse gebied van die hoofstad Parys. Dit is gevolglik ook die mees digbevolkte streek van Frankryk met 'n oppervlakte van 12 012 km2 en 'n bevolking van 12 278 210 in 2020.

Die naam van die gebied, wat letterlik "eiland van Frankryk" beteken, is afgelei van die riviere Seine, Marne, Oise en Beuvronne, wat die streek soos 'n eiland omsluit.

Die Île-de-France bestaan naas Parys uit die départements Essonne, Hauts-de-Seine, Seine-et-Marne, Seine-Saint-Denis, Val-d'Oise, Val-de-Marne en Yvelines.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Île-de-France is die historiese hartland van Frankryk, en vroeë benamings soos Francia of Fransië verwys eintlik hoofsaaklik na hierdie gebied. Sedert die oorwinning van Clovis I oor Syagrius dien die Île-de-France – met 'n kort onderbreking tydens die 7de eeu – as die politieke sentrum van Frankryk. Eeue lank kom dit ooreen met die Franse kroondomein, die domaine royal.

Die gotiese boustyl in die argitektuur, wat oorspronklik net in hierdie gebied as die koninklike Franse styl gebruiklik is, brei van die Île-de-France na ander gebiede van Europa uit. Sedert die heerskappy van Lodewyk XIV regeer die Franse konings die land vanuit die indrukwekkende slot van Versailles.

Parys teen sononder

Die Île-de-France vorm tot by die Franse Rewolusie van die jaar 1789 een van die historiese provinsies van Frankryk. Met die skepping van die nuwe administratiewe eenhede, die départements, in 1789/1790 is dit ontbind.

By die vorming van die nuwe programgebiede (Frans: régions de programme) in die jaar 1956 kry die Île aanvanklik die naam Région Parisienne ("Paryse Gebied"). In 1976 is die naam gewysig na Île-de-France, ofskoon die huidige gebied in sommige opsigte van die historiese provinsie verskil.

Net soos in die ander administratiewe gebiede is in die jaar 1986 'n direkverkose gewestelike raad ingestel.

Départements in Île-de-France

[wysig | wysig bron]
Départements in Île-de-France (Amptelike INSEE-sensus van 1999)
Konsentriese gebied Départements Bevolking Oppervlak Digtheid Bev.groei
1990–1999
  Parys (75) 2 142 800 105 km² 20 330/km² -1,26%
Binnekring
(Petite Couronne)
Hauts-de-Seine (92) 1 428 881 176 km² 8 119/km² +2,67%
Seine-Saint-Denis (93) 1 382 861 236 km² 5 860/km² +0,12%
Val-de-Marne (94) 1 227 250 245 km² 5 009/km² +0,96%
Buitekring
(Grande Couronne)
Val-d'Oise (95) 1 105 464 1 246 km² 887/km² +5,32%
Essonne (91) 1 134 238 1 804 km² 629/km² +4,56%
Yvelines (78) 1 354 304 2 284 km² 593/km² +3,61%
Seine-et-Marne (77) 1 193 767 5 915 km² 202/km² +10,72%
Die administratiewe geweste van Frankryk (Régions de France) Flag of France
Metropolitaanse geweste (Régions métropolitaines):
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre-Val de Loire | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays de la Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Metropolitaanse geweste 2016 (Régions métropolitaines):
Auvergne-Rhône-Alpes | Boergondië-Franche-Comté | Bretagne | Centre-Val de Loire | Grand Est | Hauts-de-France | Île-de-France | Korsika | Nieu-Akwitanië | Normandië | Oksitanië | Pays de la Loire | Provence-Alpes-Côte d'Azur
Oorsese geweste (Régions d’outre-mer):
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Mayotte | Réunion
{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Île-de-France
Listen to this article

This browser is not supported by Wikiwand :(
Wikiwand requires a browser with modern capabilities in order to provide you with the best reading experience.
Please download and use one of the following browsers:

This article was just edited, click to reload
This article has been deleted on Wikipedia (Why?)

Back to homepage

Please click Add in the dialog above
Please click Allow in the top-left corner,
then click Install Now in the dialog
Please click Open in the download dialog,
then click Install
Please click the "Downloads" icon in the Safari toolbar, open the first download in the list,
then click Install
{{::$root.activation.text}}

Install Wikiwand

Install on Chrome Install on Firefox
Don't forget to rate us

Tell your friends about Wikiwand!

Gmail Facebook Twitter Link

Enjoying Wikiwand?

Tell your friends and spread the love:
Share on Gmail Share on Facebook Share on Twitter Share on Buffer

Our magic isn't perfect

You can help our automatic cover photo selection by reporting an unsuitable photo.

This photo is visually disturbing This photo is not a good choice

Thank you for helping!


Your input will affect cover photo selection, along with input from other users.

X

Get ready for Wikiwand 2.0 🎉! the new version arrives on September 1st! Don't want to wait?